×
Skakel na Engels

Kos-alternatiewe vir ‘n gesonde Kersfees

Kersfees hoef nie ’n kilojoule-bom te wees nie … Deur Anya Meyerowitz
gesonde kersfees

Die meeste van ons is geneig om ons dieetvoorskrifte rondom Kersfees so ’n bietjie (of baie) te verslap – die familie het van ver kom kuier, sjokolade word mildelik uitgedeel en dis net een dag! Hoe verkeerd kan dit nou wees?

Dr. Lucy Chambers, ‘n voedingswetenskaplike, waarsku egter dat “die helfte van die gewig wat oor die feesseisoen aangesit is, die komende jaar net daar sal bly”.

Die antwoord op ons vroeëre vraag is dus: Baie.

Maar pleks van te sê dat jy enige semi-ongesonde happie op Kersdag vir ‘n bord vol spruite moet verruil, het ons dr. Chambers gevra wat die beste maniere is om te keer dat jy Kersfees gewig aansit. Terloops, sy glo “dat ‘n mens steeds alles op die tafel kan geniet sonder om oorboord te gaan”.

Sy stel voor: “Kies kleiner porsies – geniet een sjokolade in plaas van vyf; koop mini-Kerspasteitjies in plaas van die standaardgrootte; gebruik kleiner borde en glase  – jy sal verbaas wees oor hoeveel minder jy eet en drink.”

“Probeer om nie te peusel nie” – bêre soete verleidings iewers waar jy nie daarin vaskyk nie; beperk jouself tot ‘n paar opsies by die buffet pleks van om alles te beproef; eet ‘n gesonde maaltyd of happie voor ‘n partytjie sodat jy minder geneig sal wees om jou aan kilojoulebelaaide versnaperinge te vergryp.

“Lees voedingsetikette vir die kilojoule-, vet-, suiker- en soutinhoud en kyk waar jy ryk kosse deur gesonde eetgoed kan vervang.”

Lees: 5 wenke om te keer dat jy jouself hierdie Kersfees ooreet

Gesonde alternatiewe

Aangesien ons graag die tweede myl met jou wil saamloop (en omdat ons kwalik van jou kan verwag om op Kersfees nie te peusel nie; dis soos om te sê jy mag net een maal by die buffet gaan opskep), het ons dr. Chambers ook oor die beste kos-alternatiewe uit te vra. Soms is dit makliker om die regte ding te doen wanneer ons presies weet wat dit is.

Vulsel

“In plaas van ‘n tradisionele worsvulsel kan jy op ‘n vegetariese weergawe soos appel en hawermout of appelkoos en haselneut besluit. Vir ekstra geur kan jy kruie in plaas van sout byvoeg.”

Gebraaide aartappels

“Sny jou aartappels in groter stukke; sodoende sal hulle minder olie absorbeer, en geur met knoffel of roosmaryn in plaas van sout.”

Lees: 9 watertandresepte van Kersfees-oorskietkos

Southappies

“Vervang worsrolletjies deur soesji. Dis ook ‘n goeie idee om olywe in plaas van skyfies voor te sit.”

Kersfeespoeding

“Brandewynbotter, room, vla en roomys kan heerlik tot die kilojoule-inhoud van nageregte bydra. Gebruik dus min daarvan, of vervang dit deur jogurt.”

Alkohol

Gebruik kleiner wynglase, beperk jou inname van sterk drank (soos brandewyn of jenewer) en kies suikervrye mengeldrankies.

Lees: Moenie dat drankies jou figuur in die feestyd ruïneer nie

Kalkoen

“Raak ontslae van die vel en die vet!”‘

Broodsous

“Maak broodsous van afgeroomde melk en gebruik naeltjies, lourierblare, knoffel en neutmuskaat vir ekstra geur.”

Kaasbord

Die meeste kase wat op ‘n kaasbord voorgesit word, is hoog in versadigde vet, al is daar laervetkase soos cheddar beskikbaar. Deur kase saam met seldery en druiwe voor te sit en dit in dunner skywe te sny kan jy jou kaasinname beperk.”

Uit: Prima.co.uk

LEES OOK:

Hoekom jy nooit jou Kerskalkoen moet was nie

Dís waarom die aanloop tot Kersfees spanningsvol vir ouers is

10 beste aanlyn winkels vir Kersinkopies

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
4 verrassende oorsake van veroudering

Vier ongelooflike oorsake van veroudering!

Close