×
Skakel na Engels

Knap jou kombuis en sitkamer op vir ’n nuwe jy

Vra Vicki!
sitkamer

Sitkamer:

3 dekorwenke vir gordyne

1. Hang jou gordynstokke so hoog bo die vensters as moontlik. Dit sal help om ’n illusie van ruimte te skep.

2. Kikker wit gordyne op deur die onderkante te kleur – dis soos nuwe gordyne, maar teen ’n fraksie van die prys! Of bind dit bloot met tosselgordynbande vas.

3. Laat nuwe gordyne eers vir ’n paar dae hang voordat jy die some afwerk. Party gordyne sal krimp en ander (veral natuurlike stowwe) sal rek na gelang van die weer en hul gewig.

V: “Ek is dol oor blommotiewe, maar my man is nie. Hoe kan ons mekaar tegemoetkom?”

Ek is self ’n aanhanger van blommotiewe, maar party mense het ’n hekel daaraan. Dalk kan jy ’n ruimte skep wat net joune is? Wat van ’n pragtige gestoffeerde stoel of ’n hoekie met ’n stoel en ’n mooi blombedrukte kussing of oorgooideken? Of jy kan ’n spaarkamer met blomme versier – jou man hoef mos nie daar te slaap nie! En versier jou ruimte met blomryke potplante en vars blomme – dit bly die heel beste blomdekor.

Lees: Verleng jou rusbank se leeftyd

Kombuis:

Wat jy moet weet voordat jy … ’n koolstoof koop

1. Om uit te werk watter grootte koolstoof jy nodig het, hou in gedagte dat jy ongeveer 1 kW hitte-uitstraling per 14 m3 vertrekruimte nodig het.

2. Huur julle? Daar is ’n paar handelsname se koolstowe wat nie ’n skoorsteen nodig het nie. Jou plaaslike kaggelverskaffers sal jou kan raad gee.

3. Jy moet toegang hê tot ’n plek waar jy droë vuurmaakhout kan stoor. Koop nou hout en bêre dit tot volgende jaar.

WENK: Dis nou ’n goeie tyd om ’n koolstoof te koop en vir die volgende winter te laat installeer omdat die pryse dikwels daal namate die weer warmer word.

V: “Sou jy ’n betontoonbank aanbeveel? Ek hou baie van die voorkoms.”

Ek is ook dol oor die voorkoms van beton in ’n huis. Betonkombuistoonbanke is baie kostedoeltreffend en daar is ’n paar fantastiese maatskappye wat deesdae betonvloere en -toonbanke installeer. Let wel: As jy van ’n naatlose, eenvormige voorkoms hou, is beton dalk nie vir jou nie. Dit kan baie kleurvariasies hê. En die kleur raak donkerder wanneer jy dit verseël. Oorweeg dus wit sement as jy ’n ligter voorkoms wil hê.

FOTO: iStock/Onzeg

LEES OOK:

3 maniere om jou huis oor ’n naweek op te kikker

Wat is jou dekor-persoonlikheid?

Orden jou kombuis in net 5 stappe

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
WEN 1 van 8 Plush-geskenkpakke met huisskoonmaakprodukte ter waarde van R1 000 elk!

Wen een van agt geskenkpakke met huisskoonmaakprodukte van Plush met vergunning van Goeie Huishouding en Plush Plush is al vir langer...

Close