×

Klop Kersfeesstres

‘n Paar oplossings vir stresfaktore oor die Kersseisoen
Klop Kersfeesstres

Kersfeesspanning is ‘n werklikheid! Hetsy jy jou oor jou begroting, gespanne familieverhoudings of gewig-aansit bekommer, hier is goeie raad om jou stresvlakke te verlaag.

1. Maak lysies:

Indien dit agterweë gebly het, is dit nog nie te laat om lysies op te stel vir die geregte wat jy moet maak, die aantal gaste vir Kersfees, geskenke en so meer nie.

2. Koop aanlyn:

Elimineer die heel grootste Kersfeesstresfaktor van alle tye – Kersinkopies. Span die tegnologie in deur die meeste van jou Kersfeesaankope aanlyn te doen. Maak ‘n lys van geskenkidees en bly by betroubare webwerwe om bedrog te vermy. Maar opskud, want tyd vir aflewering teen Kersfees raak min!

3. Begroting, begroting, begroting:

Besluit hoeveel van jou geld jy aan geskenke, kos en vakansie-uitstappies wil bestee en hou by die vasgestelde bedrae om stres oor kredietkaartskuld in die nuwe jaar te vermy.

4. Hanteer gespanne vakansieverhoudings:

Die klassieke Kersfeesstresfaktor. Jou groottante wat altyd iets oor jou gewig te sê het of jou skoonouers se aanmerkings oor jou kookkuns is genoeg om enigiemand in koue sweet te laat uitslaan. Maar gespanne familieverhoudings kan heelwat ingewikkelder as ongewenste, kleinlike aanmerkings wees.

Indien daar dieper dinge is wat pla, kan jy probeer om dit vooraf op te los. Of, as jy eenvoudig genoeg gehad het van ‘n bemoeisieke familielid se geneul, glimlag net en steur jou nie verder daaraan nie!

5. Jy hoef nie gewig op te tel nie:

Gewig kan ook tot Kersfeesstres bydra. Ongeag of dit jou ma se skerp aanmerkings is oor hoeveel gewig jy aangesit het en of jy bang is dat jy jou dieetpogings in die wiele gaan ry, probeer om die feestyd nie om kos te laat draai nie. Smul sonder om oorboord te gaan, geniet die lekkernye waarvan jy regtig hou en vermy die kos waaroor jy nie dood nie. En onthou om aktief te wees!

LEES OOK:

Heerlikste Kersfees-vleisvulsel

14 wenke vir ’n ekovriendelike Kersfees

Selfdoen-dekorprojekte vir Kersfees saam met jou kinders

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
’n Oorlewingsgids vir partytjies

Slim wenke om die partytjieseisoen te oorleef

Close