×
Skakel na Engels

Kinders sal dol oor hierdie resep vir visvingerpakkies wees!

Maak jy middagete vir jou kinders en hul maats? Hier is die ideale resep!
fish finger petas.worked

Sea Harvest is ’n gunsteling in Suid-Afrikaanse kombuise, en met hul veelsydige reeks seekosprodukte is dit geen verrassing nie. Sea Harvest vervaardig produkte van uitmuntende gehalte en gee jou fantastiese waarde vir geld sonder om voedingswaarde in te boet. Dit is hoekom ma’s van oral so dol oor die handelsmerk is!

Dis maklik om Sea Harvest se visvingers te berei en dis propvol vitamiene, minerale en omega 3-vetsure. Die Hartmerk-logo op Sea Harvest se visvingers dui aan dat daar aan streng voedingskriteria vir versagdigde vet en natrium voldoen is, wat jou in staat stel om vertroue in jou aankoop te hê. Maak seker jy gebruik kookolie, sout en suiker spaarsamig wanneer jy jou gunsteling-visgeregte maak. Geniet hierdie eenvoudige, heerlike happie nostalgie vandag nog saam met jou kinders danksy die fantastiese resep vir visvingerpakkies:

Visvingerpakkies

Genoeg vir: 16 kinders

Bestanddele

400 g Sea Harvest Fish Fingers

16 minipitabroodjies

2 k (500 ml) gesnipperde blaarslaai

1 k (250 ml) gekapte kersietamaties

½ komkommer, in dun skyfies gesny

Vir die slaaisous

½ k (125 ml) laevet-mayonnaise

¼ k (62,5 ml) Griekse laevet-jogurt

¼ k (62,5 ml) soet rissiesous

sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Metode

1. Bak die visvingers in die oond volgens die aanwysings op die verpakking.

2. Sny die pitabroodjies tot in die helfte deur en vul met die slaaigroente en dan twee halwe visvingers per pitabroodjie.

3. Meng die slaaisousbestanddele en bedruip die visvingers in die pitabroodjies liggies daarmee.

4. Sit onmiddellik voor.

Fish fingers

Besoek www.seaharvest.co.za vir nog inligting oor Sea Harvest-produkte of vir nog heerlike visresepte, of besoek hul YouTube-kanaal, www.youtube.com/SeaHarvestSA.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Resep vir heerlike gestoomde stokvis – net reg vir die lente!

Sit hierdie geurige gestoomde-vispakkies op die spyskaart vir jou volgende aandgeselligheid

Close