×
Skakel na Engels

Kies hierdie somer gesonde ontbyte en peuselhappies!

Hierdie muesli is ideaal om in die somer aan te peusel!
Jungle oats webvertorial

Die somer is uiteindelik hier, en ons weet almal hoe moeilik dit kan wees om in die feestyd reg te eet. Die goeie nuus is dat Jungle Muesli, wat in fantastiese nuwe geure beskikbaar is, die perfekte keuse vir ’n gesonde ontbyt of somerpeulselhappie is. Jungle Muesli het ’n paar fantastiese nuwe geure by hul reeds heerlike reeks gevoeg: Mixed Berries, Mixed Berries Lite, Nuts & Seeds, Cinnamon Granola en Granola Lite.

Jungle Muesli Mixed Berries 

As jy van vrugtige geure hou, sal jy beslis dol oor Jungle Mixed Berries wees wat 18% vrugte soos rosyntjies, bosbessies, bloubessie en aarbeie bevat.

Mixed Berries

Foto: Jungle Oats

 

Jungle Muesli Nuts & Seeds

As jy van neute as ’n heerlike en gesonde happie hou, sal jy dol oor Jungle Muesli Nuts & Seeds wees. Hierdie fantastiese produk bevat 20% neute en sade soos amandels, kasjoeneute, sonneblom-, pampoen- en sesamsaad.

nuts & seeds

Foto: Jungle Oats

Jungle Muesli Cinnamon Granola

Jungle Muesli Cinnamon Granola bevat gemaalde kaneel wat jou ontbyt en peuselhappies ’n lekker kinkel gee.

cinnamon granola

Foto: Jungle Oats

 

 

 

 

 

 

 

Jungle Muesli Mixed Berries Lite en Jungle Muesli Granola Lite

Jungle Muesli Mixed Berries Lite en Jungle Muesli Granola Lite is wonderlike toevoegings tot die Jungle Muesli-reeks. Hierdie twee heerlike produkte kan as ontbyt of ’n peuselhappie op ’n besige dag geniet word. Dis laag in vet en suiker en ryk aan energie en vesel.

Foto: Jungle Oats

 

granola lite

Foto: Jungle Oats

Jungle Muesli kom nou in ’n pragtige nuwe verpakking en die pakke kan regop staan. Dis in supermarkte landwyd beskikbaar. Hierdie fantastiese produkte is in 400 g- en 750 g-pakke beskikbaar wat ideaal vir jou en jou gesin is, asook in strookpakkies, wat wonderlik is om in jou handsak te sit as jy altyd aan die gang is, en herseëlbare houertjies sodat jy enige tyd daaraan kan peusel.

Volg @TheRealJungleOats op Facebook en @RealJungleOats op Twitter vir nog inligting oor Jungle Muesli.

Hooffoto: iStock/FredFroese

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Jy kan nou sowaar by Tiffany’s gaan ontbyt eet

Audrey Hepburn sou vir seker in haar noppies gewees het!

Close