×
Skakel na Engels

Kies die regte soort vals wimpers om jou oë te laat uitstaan

Wat sal die beste vir jóú werk?
wimpers

 

Soms wonder ons hoe op dees aarde vroue met kort en yl wimpers vóór die uitvinding van vals wimpers oorleef het. Die afgelope paar jaar het vals wimpers heelwat veranderinge ondergaan en die bedryf het taamlik gegroei. Vandag is daar wimpers te kus en te keur wanneer dit by die beklemtoning van jou oë kom. Maar watter soort is reg vir jóú? Hier is ’n lys van die verskillende soorte vals wimpers, sowel as elkeen se goeie en minder goeie punte. Een ding is seker – daar is iets vir elkeen! 

Pin hierdie artikel vir later! Volg Goeie Huishouding op Pinterest vir nog.

Lees ook: Hoe om ’n wimperkruller te gebruik

Aanplakwimper-strokies

Dit is waarskynlik die bekendste soort vals wimpers en kan so te sê oral, van skoonheidswinkels tot supermarkte, gekoop word.

Wat maak dit goed? Hierdie wimpers kom in alle vorms, groottes en selfs kleure. Sommige van hulle spog selfs met ’n titseltjie blieng! Dis ’n goeie kitsoplossing vir ’n aandjie uit, want dit kan aan die einde van die aand afgehaal word. Ideaal vir dié van ons wat bang is vir ’n vaste verbintenis!

Wat tel teen dit? Soos almal weet, kan dit ’n gesukkel afgee om hierdie soort wimpers netjies aangeplak te kry, en jy gaan dalk na ’n paar YouTube-video’s moet kyk om die regte tegniek te bemeester. Verder vereis dit soms ook heelwat knipwerk voordat dit behoorlik pas en gemaklik voel. 

Individuele aanplakwimpers

Wat maak dit goed? Aangesien dit in individuele klein klossies kom, vertoon dit, indien korrek aangebring, meer natuurlik as die strokies. Die draer kan dit ook slegs waar nodig aanbring om areas in te vul waar hul wimpers yler is. 

Wat tel teen dit? Net soos met strokieswimpers, kan dit ook moeilik wees om aan te wend. Jy sal beslis ’n knyptangetjie benodig aangesien dit so klein en delikaat is. Oor die algemeen kan jy dit ook net een maal gebruik, tensy jy bereid is om meer vir ’n duurder stelletjie te betaal. 

Lees ook: 8 oogskaduwenke van grimeerkunstenaars

Wimperverlengings

Wat maak dit goed? Toe hierdie opsie ’n paar jaar gelede op die skoonheidstoneel verskyn het, was mense versot daarop. Dit word in ’n salon aangebring en bly daar tewyl jou natuurlike wimpers groei; die verlengings groei saam met dit uit. Dit spaar draers die moeite om elke dag wimpers “aan te sit”. Indien dit korrek aangebring word, lyk dit ongelooflik natuurlik. 

Wat tel teen dit? Hierdie behandelings word vandag oral aangebied en, indien jy met ’n swak aanwending sit, kan dit uiters skadelik vir jou oë en wimpers wees. Trouens, sommige mense het al ál hul eie wimpers verloor. Behoede ons!

Magnetiese wimpers

Wat maak dit goed? Hoewel dit nog nie plaaslik algemeen beskikbaar is nie, is dit net ’n kwessie van tyd voordat ons dit oral gaan sien. Hierdie wimpers word basies aangebring deur twee strokies aan weerskante van jou natuurlike wimpers vas te sit. Dit laat jou wimpers nie net voller vertoon nie, maar is ook makliker om aan te bring. Beter nog, jy sit nie meer met ’n taai gemors nie!

Wat tel teen dit? Dis soms moeilik om dit in die hande te kry, en nie almal in die skoonheidswêreld voel ewe positief daaroor nie. Sommige mense beweer dat dit nie behoorlik vassit nie terwyl ander gaande is daaroor. Net die tyd sal leer.

Foto: iStock/stock_colors

LEES OOK:

Wat is wimpergolwing en wat kan dit vir jou oë doen?

4 stappe om jou maskara elke keer perfek aan te wend!

5 maniere om jou oë te lig

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
8 oogskaduwenke van grimeerkunstenaars

Wend oogskadu só eksie-perfeksie aan

Close