×
Skakel na Engels

Kerswas

Kledingstof/materiaal

1 As die was nog sag is, vries die item tot die was hard is.  Krap dan die oorskot was af.

2 Spons die vlek met ‘n droogskoonmaakmiddel af.

3 Plaas die vlek tussen skoon papierhanddoeke en stryk daaroor met ‘n warm strykyster dat die was deur die papierhanddoek geabsorbeer word. Vervang die papierhanddoeke gereeld om meer was te absorbeer – om te verhoed dat die was ander dele van die materiaal vlek.

4 Behandel vooraf met ‘n voorwas-vlekverwyderaar.

5 Was met chloorbleikmiddel in die waswater, as dit veilig is vir die materiaal.

6 Indien die vlek nog nie verdwyn het nie, was weer.

 

Stoffering/bekleedsel

1 As die was nog sag is, vries dit met ‘n ysblokkie wat in ‘n plastieksakkie toegedraai is – krap dan die oorskot was af.

2 Met ‘n skoon wit lap, spons die vlek met ‘n droogskoonmaakmiddel af.

3 Klad daarop tot al die middel geabsorbeer is.

4 Herhaal stappe 2 en 3 tot die vlek verdwyn.

 

Matte

1 As die was nog sag is, vries dit met ‘n ysblokkie wat in ‘n plastieksakkie toegedraai is – krap dan die oorskot was af.

2 Spons die vlek met ‘n droogskoonmaakmiddel af.

3 Sit ‘n skoon wit lap oor die vlek en stryk met die punt van ‘n warm strykyster daaroor om die was te absorbeer.  Herhaal met ‘n skoon deel van die lap, totdat al die was geabsorbeer is.

4 As die vlek nog nie verdwyn het nie, spons die vlek weer met ‘n droogskoonmaakmiddel af.

5 Klad daarop tot droog.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Botter

Kledingstof/materiaal 1 Krap die oorskot botter af. 2 Behandel vooraf met 'n vlekverwyderaar 3 Was - gebruik die warmste water...

Close