×
Skakel na Engels

Kersboomkaartjies van verfmonsterstrokies

Christmas tree template

Jy benodig:

Verfmonsterstrokies

’n Uitgedrukte patroon (maak seker dit is die regte grootte)

’n Skêr

’n Potlood of pen

’n Gaatjiedrukker

Mooi tou 

Maak dit:

1. Kry verskeie verfmonsterstrokies by enige hardewarewinkel. (Ons was by Builders Warehouse.) Maak seker jy neem verskillende kleure sodat die kaartjies by die geskenkpapier van elk van jou geskenke sal pas.

2. Neem nou die Kersboompatroon en sny die vorm van die boom netjies uit. (Ons het die patroon op www.coloringpage.eu gekry, maar daar is ’n verskeidenheid opsies aanlyn beskikbaar. Onthou om ’n ontwerp te kies wat met die vorm van jou verfstrokies sal werk.)

3. Plaas die uitgesnyde patroon agterop jou verfstrokie en trek die buitelyn van die boom met jou potlood of pen af.

4. Gebruik die lyne as ’n gids en sny die vorm netjies uit die verfstrokie.

5. Gebruik nou die gaatjiedrukker om ’n gaatjie aan die bokant van jou Kersboomkaartjie te maak.

6. Laastens, gebruik die tou om die kaartjie aan jou geskenk vas te maak.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
5 feestelike geskenke vir fynproewers

Op soek na oulike geskenke vir fynproewer-vriende en -familie? Ons het vir jou ’n paar goedjies Deur Leah van Deventer

Close