×
Skakel na Engels

Kerrieresepte vir elke dag van die week

Kerrieliefhebbers, lek solank jul lippe af vir hierdie watertandlekker resepte!

Ons is dol oor die veelsydigheid van kerriegeregte. Jy kan met die geurigheid eksperimenteer en ook hoe sterk jy jou kerrie wil maak, en boonop kan dit saam met rys, aartappels, brood, pitabrood, tortillas of taco’s voorgesit word!

Maandag: Kerrie met groente en tofu

veggie tofu curry

’n Groentekerrie met tofu is net wat jy vir #VleisloseMaandag nodig het. As jy nie besonder gek na tofu is nie, vervang dit deur boontjies, lensies, kekerertjies of enige ander peulgroente. Eksperimenteer gerus en voeg enige ander groen groente by.

Dinsdag: Garnaalrooikerrie met noedels

Red Curry Prawns & Noodles

Jy hoef beslis nie na ’n restaurant te gaan om ’n behoorlike kerrie te eet nie! Hierdie resep vir garnaalrooikerrie met noedels sal beslis ’n gesinsgunsteling word. 

Woensdag: Blomkoolkerrie

cauliflower curry

Hierdie blomkoolkerrie bevat alles wat in ’n goeie kerrie behoort te wees – lemmetjie, koljander, kerriepasta, klappermelk en hope heilsaamheid. Voeg hoender of ander ’n proteïen by as jy wil, en dalk ’n paar murg- of vlapampoentjies.

Donderdag: Varkkerrie-saté

Satay pork curry

Kikker ’n varkvleiskerrie met kleurryke groente op en sit dit met noedels voor vir ’n vinnige, vullende aandete. 

Vrydag: Kerriehoenderburgers met raita

Curry Chicken Burgers with Raita

Vir ietsie anders as ’n bak stomende kerrie, probeer dié lekker kerriehoenderburgers. Die sterbestanddeel van dié maaltyd (behalwe vir die pattie, natuurlik), is die heerlike raita. Maak seker jy maak genoeg daarvan, want jy sal weer en weer daarvan skep!  

Saterdag: Thaise groenkerrie met vis en roti’s

Thai green fish curry with roti

Maak dié gereg met of sonder vis – gebruik hoender of boontjies en lensies as plaasvervangers as jy wil. Maak nie saak wat jy gebruik nie, dit bly ’n wenner. Die resep verduidelik ook hoe om jou eie roti’s te maak en dis makliker as wat jy dink!

Sondag: Kerrie met lamsmaalvleis

Lamb-Mince Curry

Lamsmaalvleis maak hierdie kerrie ’n heerlik heilsame feesmaal – net reg vir Sondagmiddag! Dis ’n eenvoudige resep en neem sowat 50 minute om te maak. Sit dit met naanbrood voor.

LEES OOK:

8 kosse wat jy verkeerdelik gedink het laag in koolhidrate is

Die beste bekostigbare bevogtigers om jou deur die winter te help

31 uiters sjiek dog bekostigbare warmgoed vir die winter

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Lekker sop vir ’n hele week se maaltye!

Want dis winter en sop is trooskos – en dit hou ons warm en gesond

Close