×
Skakel na Engels

Keer só dat reën jou hare ruïneer

Want niemand wil soos ’n nat hoender lyk nie 😉
reën

 

Hoewel ons natuurlik baie dankbaar is elke keer dat dit reën, kan ’n paar druppels jou haarstyl redelik verfomfaai! Volg dié wenke om jou hare eksie-perfeksie te laat lyk, ongeag die weer:

Maak dit behoorlik droog

As jy jou hare gewas het voordat jy die huis verlaat het, maak seker dis heeltemal droog. As daar nog ’n bietjie vog in jou hare is en dit met enige vog in die lug buite in aanraking kom, is die kans goed dat jou hare sal kroes. 

Skep ’n bietjie tekstuur

As jou hare van nature effens krul, stileer dit met ’n krultang voordat jy uitgaan. As dit dan natreën, sal dit baie minder opsigtelik wees as jou hare gekrul is as wanneer dit reguit is.

Lees: Hygge: die haarkleurneiging op pad na wêreldoorheersing

Gebruik ’n produk

Selfs al gebruik jy nie gewoonlik stileerprodukte nie, kan dit baie help om kroeserigheid en wegstaanhaartjies te keer wanneer die weer opsteek. Belê dus in ’n paar produkte: ’n kragtige jel kan wegstaanhaartjies keer en jou paadjie netjies hou, maar as jy ’n losser styl verkies, wend ’n seesoutsproei aan – as dit dan reën, sal jou hare mooi los krulle vorm.

Photo: iStock/Georgijevic

LEES OOK:

Dít is hoekom vroue hul hare ná ’n mislukte verhouding verander

Laat jou hare jou ouer lyk?

Haarkleurskakerings wat jou jonger sal laat lyk

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Selebs met die mooiste kort haarstyle

’n Paar prentjiemooi redes om jou hare korter te laat knip

Close