×
Skakel na Engels

Keer dat jou ooggrimering jou ouer laat lyk met wenke van Adele se grimeerkunstenaar

Kikker jou kykers op met hierdie bekende grimeerkunstenaar se beproefde raad. Deur Bridget March
ooggrimering

Het jy al ooit teruggestaan nadat jy jou ooggrimering aangewend het om jou handewerk te beskou, en dan gewonder of jy beter gelyk het voordat jy begin het? Ons was al almal daar!

Swak velvoorbereiding, die verkeerde onderlaagformule en swaar poeierprodukte kan jou alles ouer laat lyk, omdat dit die lyntjies om jou oë beklemtoon en porieë verstop. Ironies, nè. Michael Ashton, Adele se grimeerkunstenaar en internasionale ambassadeur vir Marc Jacobs Beauty, verduidelik hoe en wat ons verkeerd doen.

Ashton sê wat ons oë betref, “is voorbereiding, soos met enige ander deel van jou grimeerroetine, die geheim vir ’n vlekkelose en jeugdige voorkoms”. Daarom stel hy voor dat jy die gedeelte om jou oë goed voorberei voordat jy enige kleur aanwend.

Hy sê om ’n basislaag op jou ooglede aan te wend “sal help om die oogskadu te seël, die kleur beter laat vertoon, en keer dat die produk in die lyntjies om jou oë bloei”. Ashton stel voor jy gebruik ’n basislaag met bevogtigende bestanddele om die ooggedeelte glad en plomp te maak.

Nog een van sy wenke is om die basislaag ook onder jou oë aan te wend voordat jy jou onderlaag aansit. Dit sal keer dat jou onderlaag rimpels maak.

Vir ooggrimering wat jou jonger sal laat lyk, is “minder dikwels meer”, sê hy. “Een van my gunsteling-oogvoorkomste is ’n vegie glimmende, neutrale oogkryt en welige, verleidelike wimpers,” sê Ashton. Bêre dus die oogpoeiers.

“Maar as jy ’n treffender en steeds jeugdige voorkoms wil hê, maak seker jy wend jou onderlaag liggies aan.” Hoewel millenniërs met volledige bedekking kan wegkom (en hulle het dit nie eens nodig nie!), kan dit minder vleiend op die res van ons lyk.

“En vervang jou poeierblosser met ’n roomproduk om jou gesig daardie douvars voorkoms te gee sonder om dit oordadig te laat lyk,” sluit Ashton af.

Van: Harper’s Bazaar

FOTO: Gallo Images/Getty Images

LEES OOK:

Die grootste grimeringfout wat die meeste vroue maak

Gebruik só huishoudelike produkte om jou grimeerkwaste skoon te maak

Staan jy op trou? Jou grimeerkunstenaar wil hê jy moet die volgende weet

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Almal gons oor die nuwe Fifty Shades Freed-lokprent

"Mrs. Grey will see you now." Nou toe nou, Anastasia!

Close