×
Skakel na Engels

Kan prenatale vitamiene nieswanger vroue se hare en vel verbeter?

Ons onderskei tussen feit en fiksie . . .
prenatale vitamiene

Prenatale vitamiene is propvol voedingstowwe wat noodsaaklik is vir die ontwikkeling van ongebore babas. As dit ’n mensie kan help groei, maak dit seker sin dat dit ook ander wonderlike voordele inhou, selfs vir dié van ons wat nie swanger is nie.

Dis waarom dit vandag so gewild in die skoonheidswêreld is, en mense wat daarvan drink, beweer dat hulle hare dikker en glansender is, vinniger groei, en dat hulle vel ’n gladder en stralender voorkoms het. Selebs soos Mindy Kaling en Gwyneth Paltrow gebruik dit as deel van hulle skoonheidsroetines. Maar is dit dalk te goed om waar te wees?

Pin hierdie artikel vir later! Volg Goeie Huishouding op Pinterest vir nog.

Alhoewel dokters beweer dat vroue hierdie voordele geniet wanneer hulle prenatale vitamiene geneem het, is dit op die lange duur nie geskik vir vroue wat nie swanger is nie. Ná ‘n bevalling word vroue aangeraai om dit vir ’n tydjie te gebruik om hulle energievlakke en immuniteit ’n hupstoot te gee, maar aangesien dit meer van die vitamiene bevat as wat die gemiddelde persoon nodig het, kan dit newe-effekte meebring. Yster en foliensuur is twee minerale wat, indien dit in baie hoë dosisse geneem word, tot gesondheidsprobleme kan lei.

Lees: 6 noodsaaklike gewoontes vir ’n gesonde vel

Yster is wonderlik vir mense wat anemies is of swaar menstruele siklusse het, maar te veel daarvan kan spysverteringsprobleme soos naarheid, hardlywigheid of erger veroorsaak. Foliensuur in groot hoeveelhede kan ook verskeie probleme veroorsaak, wisselend van slaaploosheid tot maagprobleme en gedragsveranderinge.

Dit is beslis nie die moeite werd om jou gesondheid ter wille van mooi hare en ’n gesonde vel op die spel te plaas nie, maar gelukkig hoef jy nie. Vandag is daar aanvullings wat spesifiek vir die buitekant van ons liggaam geformuleer is. Hierdie aanvullings bevat bestanddele soos biotien en kollageen wat net so (of selfs méér) doeltreffend as prenatale vitamiene is. Dit gaan daaroor om die aanvulling te kies wat reg is vir jóú. As jy dus nie swanger is nie, los maar die prenatale vitamiene vir dié wat is!

FOTO: iStock/stock_colors

LEES OOK:

Hoe om jou hare hierdie somer gesond te hou

4 algemene oorsake wat keer dat jou vel vlekkeloos en gesond is

Nageboortelike haarverlies: Wat vroue moet weet

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief