×

Kan gesigoefeninge die sleutel tot ’n lieflike, gloeiende vel wees?

Skoonheid sonder sweet
gesigoefeninge

 

Die meeste oefeninge maak van die spiere in ons arms, bene en middellyf gebruik, maar het jy geweet dat jy ook jou gesig kan oefen?

Pin hierdie artikel vir later! Volg Goeie Huishouding op Pinterest vir nog. 

FaceGym word by sekere spa-tipe instellings aangebied. Hierdie oefensessies beloof om die sleutel tot ’n lieflike, gloeiende vel te wees. En alhoewel dit dalk ’n bietjie aardig klink, maak dit sin. Ons het baie spiere in ons gesig en as ons gereeld van uitdrukkings gebruik maak, is hulle taamlik aktief, maar meer intense oefensessies kan jou vel heel moontlik fermer en gesonder maak. 

Lees ook: Goed wat jou ouer maak, van binne en buite

Die behandeling word in ’n spa-tipe omgewing aangebied waar opgeleide tegnici energieke bewegings gebruik om jou gesigspiere te manipuleer. Die bewegings, wat daarop gerig is om jou spiere te versterk, bevorder ook kollageenproduksie wat kliënte met ’n plomper, jonger en meer bloesende vel laat.

A strong start to the week 💥 #GetYourFaceInShape #MondayMotivation #NewWeek #FreshStart #Strong

A post shared by FaceGym (@face_gym) on

Alhoewel hierdie tegniek nog relatief onbekend in Suid-Afrika is, is daar sommige FaceGym-oefeninge wat jy self by die huis kan doen. En indien jy ’n bietjie simpel voel, kan jy jouself aan die lieflike eindresultaat herinner. Dis seer sekerlik die moeite werd …

Lees ook: 10 oefenmites ontbloot!

Die bergklimmer

Teiken: Oë

Druk met jou vingers teen jou ooghoeke naby jou slape. Dit sal die spier isoleer. As jy jou oë stadig knip, behoort jy ’n fladdering te ervaar. Herhaal hierdie oefening 10 keer.

Die wangpomp

Teiken: Wang-/“glimlag”-spiere

Trek jou mondhoeke op in ’n glimlag. Doen dit bietjie vir bietjie sodat dit drie bewegings neem om ’n glimlag te vorm, en laat jou mond ook in drie bewegings na normaal terugkeer. Herhaal dit 10 keer.

Nekverferming

Teiken: Die nek-/“kalkoennek”-spiere

Laat sak jou mondhoeke totdat jy die “kalkoennek”-spiere sien uitstaan. Neem nou ’n selfie en stuur dit vir die man in jou lewe. Grappie! Hou hierdie posisie vir 10 sekondes en ontspan. Jy mag hierdie beweging tot 10 keer herhaal, maar nie meer nie, aangesien hierdie spiere vinnig kan moeg raak.

Foto: iStock/CoffeeAndMilk

LEES OOK:

7-minute-oefensessie vir die besige vrou

5 sakpas wenke teen veroudering

6 wenke om jou by jou oefenroetine te help hou

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Liggaamskontoering: die sleutel tot ’n gladde vel en minder selluliet

Tot siens, dimpels en duikies! Deur Helen Wallace

Close