×
Skakel na Engels

Kakao / Warm Sjokolade

Kledingstof/materiaal

1 Behandel vooraf met ‘n voorwas-vlekverwyderaar.

2 Was.

3 As die vlek nie verdwyn nie, was weer, met die tipe bleikmiddel wat veilig is vir die materiaal.

 

Stoffering/bekleedsel

1 Meng een eetlepel opwasmiddel met twee koppies koue water.

2 Gebruik ‘n skoon wit lap en spons die vlek met die oplossing af.

3 Klad daarop tot droog.

4 Herhaal stappe 2 en 3 tot die vlek verdwyn.

5 Spons met koue water af en klad tot droog.

OF

1 Met ‘n skoon wit lap, spons die vlek met ‘n droogskoonmaakmiddel af.

2 Klad daarop tot al die middel geabsorbeer is.

3 Herhaal stappe 1 en 2 tot die vlek verdwyn.

 

Matte

1 Meng een eetlepel opwasmiddel met twee koppies warm water.

2 Met ‘n skoon wit lap, spons die vlek met die oplossing af.

3 Klad daarop tot droog.

4 Herhaal stappe 2 en 3 tot die vlek verdwyn of droog is.

5 As die vlek nie verdwyn nie, meng een eetlepel ammoniak met twee koppies warm water. (Waarskuwing: moet nooit chloorbleikmiddel en ammoniak meng nie – die dampe is gevaarlik).

6 Spons die vlek met die ammoniakoplossing af.

7 Klad daarop tot al die oplossing geabsorbeer is.

8 Spons met koue water af en klad tot droog.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Sjokolade

Kledingstof/materiaal 1 Krap die oorskot sjokolade af. 2 Behandel vooraf met 'n voorwas-vlekverwyderaar. 3 Was. 4 As die vlek nie...

Close