×
Skakel na Engels

Kaas

Kledingstof/materiaal

1 Behandel vooraf of week in ‘n wasmiddel wat ensieme bevat.  Week vars vlekke vir ten minste 30 minute en ouer vlekke vir ‘n paar uur.

2 Was.

 

Stoffering/bekleedsel

1 Gebruik ‘n skoon wit lap en spons die vlek met ‘n droogskoonmaakmiddel af.

2 Klad daarop tot die skoonmaakmiddel geabsorbeer is.

3 Herhaal  stappe 1 en 2 tot die vlek verdwyn.

OF

1 Meng een eetlepel opwasmiddel met twee koppies koue water.

2 Gebruik ‘n skoon wit lap en spons die vlek met die oplossing af.

3 Klad daarop tot droog.

4 Herhaal stappe 2 en 3 tot die vlek verdwyn.

5 Spons met koue water af en klad tot droog.

 

Matte

1 Meng een eetlepel opwasmiddel met twee koppies warm water.

2 Met ‘n skoon wit lap, spons die vlek met die oplossing af.

3 Klad daarop tot droog.

4 Herhaal stappe 2 en 3 tot die vlek verdwyn of droog is.

5 As die vlek nie verdwyn nie, meng een eetlepel ammoniak met 2 koppies warm water. (Waarskuwing: moet nooit chloorbleikmiddel en ammoniak meng nie – die dampe is gevaarlik).

6 Spons die vlek met die ammoniakoplossing af.

7 Klad daarop tot droog.

8 Spons met koue water af en klad daarop tot droog.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Kougom

Kledingstof/materiaal 1 As die kougom nog sag is, vries die kledingstuk tot die kougom hard is.  Krap dan die oorskot...

Close