×
Skakel na Engels

J’Something se moutbier-sishebo en pap

Tradisionele geregte soos hierdie een wys die diversiteit van ons land en is die ideale verskoning om familie en vriende vir ’n maaltyd bymekaar te kry
moutbier-sishebo en pap
Maak gereed vir Erfenisdag en beplan vooruit. Daar is nie ’n beter manier om hierdie dag te vier as deur ’n tradisionele maaltyd met familie en vriende te deel nie. Die My Kitchen Rules-beoordelaar J’Something het die resep vervolmaak.

Die talentvolle J’Something is nie net ’n beoordelaar op My Kitchen Rules nie, me ook die hoofsanger van Mi Casa en ’n ambisieuse sjef en restaurateur. Hy het die gewilde Suid-Afrikaanse resep vir sishebo herskep, wat enige iets van ’n tamatie-en-uiemengsel tot ’n bredie of ’n potjiegereg kan wees. 

“My geheime bestanddeel is Castle Milk Stout, wat die rykheid van die rooivleis komplementeer,” sê J’Something. “Sishebo is nie sishebo sonder iets om daarin te doop nie, en daarom sluit my resep pap in.”

Moutbier-sishebo en pap

Moeilikheidsvlak: Baie maklik

Genoeg vir: 4

Bereidingstyd: 20 minute

Totale tyd: 3 uur en 20 minute

Bestanddele:

½ k meel

1 t sout

½ t swartpeper

1 kg biefdikrib, in stukkies gesny

¼ k olyfolie

1 ui, gekap

2 knoffelhuisies, fyngekap

340 ml Castle Milk Stout

3 k biefaftreksel

50 g tamatiepasta

2 e bruinsuiker

1 t droë tiemie

1 t paprika

1 e worcestersous

1 lourierblaar

4 groot wortels, geskil en in skyfies gesny

4 middelslag-aartappels, in happiegrootte-stukkies gesny

1 kg mieliemeel

vars pietersielie, gekap, vir garnering

Metode:

1. Meng die meel, sout en peper in ’n groot bak. Voeg die dikribstukke by en bedek dit liggies met die meelmengsel.

2. Verhit die olie in ’n groot pot (gietyster, as jy een het) oor medium-hoë hitte en braai die vleis klompies-klompies tot bruin alkante. Verwyder uit die pot en plaas eenkant.

3. Plaas die ui in die pot en braai tot goudkleurig (sowat 5 minute).

4. Voeg die knoffel by en braai vir nog 2 minute. Voeg weer die vleis by, asook die res van die meelmengsel.

5. Braai terwyl jy roer totdat die meelmengsel ingemeng is.

6. Voeg die Castle Milk Stout, biefaftreksel, tamatiepasta, bruinsuiker, tiemie, paprika, worcestersous en lourierblaar by en roer goed tot gemeng. Sit die pot se deksel op.

7. Laat prut oor matige hitte vir sowat 2 uur of totdat die vleis sag is.

8. Voeg die wortels en aartappels by en laat prut vir nog ’n uur totdat die groente sag is.

9. Kook die mieliemeel volgens die aanwysings op die verpakking en sit die bredie en pap saam voor met ’n bietjie vars pietersielie om oor te sprinkel.

Kry die resep en kyk die vinnige videotutoriaal hier:

 

LEES OOK:

Tradisionele melktert

9 fantastiese boetiekbier-brouerye in SA

10 fantastiese kookwenke vir jou prutpot

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Maak hierdie anderste, maar lekker bobotiegereg vir Erfenisdag

Vier Erfenisdag met hierdie klassieke Suid-Afrikaanse gereg met ’n kinkel

Close