×
Skakel na Engels

Jou vooruitwerk-tydplan vir ’n tradisionele Kersete

Maak gereed vir Kersdag met hierdie maklike tydplan.
tradisionele Kersete

Kersfees kan ’n besige tyd wees, maar om die Kersete te berei behoort so stresvry as moontlik te wees! Dit is waarom jy hierdie maklike tydplan nodig het om ’n tradisionele Kersmenu te berei. Dit sê vir jou alles wat jy moet doen, ook wat jy vooruit kan maak. Jy kan die resepte in ons Desember 2017-uitgawe kry en die tydplan hier besigtig

Pin hierdie artikel vir later! Volg Goeie Huishouding op Pinterest vir nog.

Die menu sluit ’n smaaklike kalkoen en al die bykosse in, asook ’n heerlike salmblini-voorgereg, maklike, moeitelose canapés en ’n liplek-lekker Kerspoeding met ’n versteekte lemoen vir nagereg, met ’n dekadente kaneel-en-brandewynbotter daarmee saam. So speel ’n bietjie Kersmusiek en kom aan die gang …

Van: Good Housekeeping UK

FOTO: iStock/Rawpixel Ltd

LEES OOK:

Klop Kersfeesstres

Hoe om jou Kersuitgawes te beheer

Dís waarom die aanloop tot Kersfees spanningsvol vir ouers is

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief