×
Skakel na Engels

Jou voorspelling: Mei 2013

Ons het op ’n sterrereis gegaan vir jou voorspellings. Wat hou Maartmaand vir jóú in?

21 Apr – 21 Mei

Jy’s gemotiveerd om ekstra moeite te doen, daarom kan jy dié maand meer uitrig. Oorweeg alternatiewe pleks van om hardkoppig by jou oorspronklike plan te hou. 

 

VERHOUDINGS Hoewel jy ’n lojale vriendin is, is sekere mense net vir ’n tydperk deel van jou lewe. Aanvaar dit en laat met grasie gaan.

SELFSORG Inspirerende musiek, flieks en gesprekke laat jou floreer.

GELDSAKE Rondom die 15de moet jy boekhou van jou uitgawes – fondse sal vinniger opdroog as verwag.

PERSOONLIKHEID Jy’s standvastig, liefdevol en lief vir plesier, daarom is jy die moeder van die diereriem. Jou kalmte en vredeliewende geaardheid het ook ’n hardkoppige sy. Materiële en emosionele sekuriteit is vir jou belangrik. Danksy ’n skoot gesonde verstand is jy ’n goeie sakevrou. Jy hou daarvan om jou omgewing te verfraai en jy kan goeie gehalte waar-deer. As lojale vriendin, liefdevolle maat en ouer kan jy ook besitlik wees.

INNERLIKE KRAG Jou aangebore selftevredenheid laat jou die lewe ge-niet sonder om die werklikhede óm jou te ignoreer. Jou nabyheid in ’n krisis is gerusstellend, omdat dit ’n mens herinner dat alles nie so sleg is as wat dit oënskynlik lyk nie.

SWAK PUNT Omdat jy té verknog kan raak aan jou gemaksone, kan jy maklik in ’n groef beland.

KLEURE Pienk en rooibruin.

EDELSTENE Smarag en koraal.

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Skep ’n ekovriendelike kombuis

7 wenke oor hoe om energie en geld te bespaar

Close