×
Skakel na Engels

Jou sterre November 2017

Tracy Shaw kyk na wat jou voorspellings vir dié maand inhou
Jou sterre November 2017

Skerpioen (24 Okt. – 22 Nov.)

Dit sal lonend wees om jou eie begeertes eenkant te skuif om ander gelukkig te maak. Dis ’n gunstige tyd vir sakeaktiwiteite wat skoonheid, kuns of vermaak behels.

SELFSORG: Die uitnodigings stroom in, maar dis belangrik om tyd vir jouself opsy te sit.

PERSOONLIKHEID: Die Skerpioenvrou is privaat en opmerksaam en maak op intuïsie staat. Jy is ’n intense maat en beskermende ma wat oppervlakkige praatjies verpes en betekenisvolle gesprekke met een persoon op ’n slag verkies.

STERK PUNT: Omdat jy selfbeheersing kan toepas, bly jy kalm in ’n krisis.

SWAKHEID: Jy maak jou eie lewe moeilik deur wrokke te koester en bitter te wees. As jy jou sterk wil uitoefen, kan jy egter die pyn in iets goeds omsit.

INSPIRASIE VIR DIE JAAR: Jy kan daarna uitsien om meer selfvertroue te kry en jou horisonne te verbreed deur iets te verwesenlik wat jy lankal wou doen.

EDELSTENE: Topaas en jaspis.

Boogskutter (23 Nov. – 22 Des.)

Jy betree ’n 12-maandesiklus waarin die omstandighede gunstig vir selftransformasie is. Help die proses aan deur diep te delf en agter te kom wat vir jou onontbeerlik is. In die middel van die maand sal vorige beplanning vrugte dra.

Selfsorg: Jy is sensitiewer as gewoonlik vir die geneeskrag van skoonheid, musiek en die natuur.

Steenbok (23 Des. – 20 Jan.)

Jy hou van tradisies, maar daar is ’n plek vir nuwe dinge. Hou dit in gedagte wanneer jy familiegeleenthede en vakansies beplan. As ’n gesagsfi guur jou uitlok, wag totdat jy die situasie kalm kan hanteer voordat jy reageer.

Selfsorg: Soms moet jy dinge rustig vat.

Waterdraer (21 Jan. – 19 Feb.)

’n Geleentheid doen hom voor in jou beroepslewe en jy kry erkenning. Jy kan ook werk en plesier kombineer. ’n Aangename verrassing rondom die 12de lei tot nuwe planne.

Selfsorg: Dink positief en jy sal meer energie hê.

Vis (20 Feb. – 20 Mrt.)

Interaksie met ander kulture sal jou horisonne verbreed en jou geloof in mense versterk. Probleme met ’n vriendin wys jou dat jy nie jou griewe behoort te begrawe nie. Dis nodig om openlik daaroor te praat.

Selfsorg: Maak tyd om te rus en te mediteer sodat jy nuwe energie kan hê.

Ram (21 Mrt. – 20 Apr.)

Jy is besluiteloos, wat ongewoon vir jou is. Dis egter goed om voor- en nadele teen mekaar op te weeg; wees dus geduldig met jouself. Dink wat jy sê rondom die 19de, want onbedagte woorde kan iemand ontstel.

Selfsorg: Bly vrolik met gereelde dosisse lighartige vermaak.

Bul (21 Apr. – 21 Mei)

Spesiale ontmoetings sal jou verryk. Daar is geleenthede vir nuwe intimiteit in jou verhouding met jou maat. ’n Kuier saam met ’n ou vriendin sal jou ook opkikker.

Selfsorg: Bederf jouself met iets wat jou siel goed sal doen.

Tweeling (22 Mei – 21 Jun.)

Die lewe was die laaste tyd intens, maar van die 5de af raak dit ligter en duik interessante moontlikhede op. Dit sal tot jou voordeel wees om jou emosionele intelligensie by die werk in te span.

Selfsorg: Buitelugaktiwiteite sal jou goed doen.

Kreef (22 Jun. – 23 Jul.)

’n Huishoudelike kwessie bring sterk gevoelens na vore. Gaan ’n kompromie aan eerder as om die situasie te laat hand uitruk. Die 11de is ’n goeie tyd vir ’n belegging.

Selfsorg: Gee uiting aan jou kreatiewe kant.

Leeu (24 Jul. – 23 Aug.)

Dit is ’n emosioneel intense tyd vir jou. Wees rustig en dinge sal uitwerk soos dit moet. In die middel van die maand is dit ’n goeie idee om ’n potensiële onderonsie met ’n kollega te vermy deur diplomaties te wees.

Selfsorg: Bring tyd saam met jou geliefdes deur eerder as om te sosialiseer.

Maagd (24 Aug. – 23 Sept.)

Afleidings keer dat jy enige iets uitgerig kry tot ná die 14de. Aanvaar dat dit nie ’n produktiewe tyd is nie en sien die positiewe raak. Volg rondom die 10de jou hart, nie jou kop nie.

Selfsorg: Ontspan en vertrou eerder as om te veel oor iets te dink.

Weegskaal (24 Sept. – 23 Okt.)

Jy kan hierdie maand vordering maak deur te fokus en in positiewe resultate te glo. Takel enige probleme wat jy normaalweg sou ignoreer om konflik te vermy. Hoewel jou geldsake ’n hupstoot kry, is dit nie ’n goeie idee om oorboord te gaan nie.

Selfsorg: Vind ’n balans tussen jou eie en ander se behoeftes.

LEES OOK:

10 wenke vir selfvertroue vir elke vrou

Moet jy kantoordrag aantrek as jy van die huis af werk?

6 tekens van skildklierkanker wat jy maklik kan miskyk

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief