×
Skakel na Engels

Jou sterre Januarie 2018

Tracy Shaw kyk na wat jou voorspellings vir dié maand inhou
Jou sterre

Steenbok (23 Des. – 20 Jan.)

Pleks dat jou oorontwikkelde sin vir verantwoordelikheid jou oorheers, neem besluite wat vir jóú reg voel. Betrokkenheid by groepsaktiwiteite sal jou lewe verryk en tot minstens een langdurige vriendskap lei.

SELFSORG: Bederf jouself met ’n nuwe voorkoms wat jou vroulikheid beklemtoon. Herlaai jou batterye met kalmerende oefening en tyd in ’n rustige omgewing.

PERSOONLIKHEID: Die Steenbokvrou is plat op die aarde, bekwaam en georganiseerd. Jy wil graag produktief wees en stel vir jouself doelwitte. Al is jy dikwels stadig uit die wegspringblokke, sal jy danksy die nodige ondervinding wysheid bekom en jou volle potensiaal bereik. Jou styl is eenvoudig en funksioneel. Jy is ’n toegewyde ouer en maat en heg waarde aan opregtheid.

STERK PUNT: Jy is ’n vasbyter en gooi nie tou op wanneer dinge moeilik raak nie.

SWAKHEID: Omdat jy onafhanklik is, steek jy jou kwesbaarheid weg en besef jy nie mense sal nog meer van jou hou as jy dit wys nie.

INSPIRASIE VIR DIE JAAR: Gebruik vanjaar om ’n persoonlike ideaal te verwesenlik wat niks met werk of familie te doen het nie.

EDELSTENE: Saffier en oniks.

Waterdraer (21 Jan. – 19 Feb.)

As jy loopbaanuitdagings met ’n positiewe ingesteldheid benader, kan dit geleenthede word wat jou horisonne verbreed. Jou potensiaal as leier sal ook waarskynlik raakgesien word. As jy ’n bepaalde tyd afstaan om e-posse te lees, sal dit jou help om meer produktief te wees.

Selfsorg: Dink minder en doen meer; soos om tyd vir oefening te maak. Jy sal verveeld raak as jou verstand nie genoeg gestimuleer word nie.

Vis (20 Feb. – 20 Mrt.)

Jou intuïsie werk goed; laat dit jou dus lei in wat jy doen. Moenie ’n moeilike gesprek met ’n vriendin vermy nie. Dit sal meer kwaad as goed doen. Dit is beter om dapper en eerlik te wees.

Selfsorg: Stel gesonde grense. Dit sal keer dat jy emosioneel uitgeput raak.

Ram (21 Mrt. – 20 Apr.)

Geleenthede kom klop aan jou deur en nooi jou om die onbekende te verken. Daarmee saam kom die potensiaal om opgang in jou loopbaan te maak en al jou talente in te span.

Selfsorg: Woon ’n jogaklas by om jou lyf te strek en jou brein te laat ontspan.

Bul (21 Apr. – 21 Mei)

As jy vooruit beplan, sal jy ’n produktiewe maand hê. Tot die 11de is verhoudings egter harde werk. Verwag om meer te gee as wat jy ontvang. Maak op jou instinkte staat om jou skuld te verminder.

Selfsorg: Gee jou welstand ’n hupstoot deur suikerryke peuselhappies met gesonde happies te vervang.

Tweeling (22 Mei – 21 Jun.)

Aanvanklik moet jy jou opsies oophou, maar dit word gou duidelik dat jy sal moet kies. Om die regte ding te doen lyk dalk nie na pret nie, maar die resultate sal bevredigend wees.

Selfsorg: Lees oor emosionele intelligensie en leer só jouself beter ken.

Kreef (22 Jun. – 23 Jul.)

’n Belangrike verhouding gaan deur ’n veeleisende fase. Dit is ’n geleentheid om gewoontes wat jou beperk in oënskou te neem en veranderinge te maak. Die 17de bring ’n deurbraak en baan die weg na ’n nuwe begin.

Selfsorg: Kreatiewe doendinge wat al jou aandag verg, sal ontspannend en vernuwend wees.

Leeu (24 Jul. – 23 Aug.)

Pleks van dinge te probeer verander wat jy nie kan nie, werk binne die beperkinge. Jy sal ontdek dat meer moontlik is as wat jy besef het. Rondom die 6de is jou gesin meer te vinde vir ’n projek waarby almal betrokke is.

Selfsorg: Hoe meer georganiseerd jy is, hoe minder sal jy by die huis en by die werk stres ervaar.

Maagd (24 Aug. – 23 Sept.)

Ouerskapverantwoordelikhede kry vir die grootste gedeelte van die maand voorkeur, maar waak teen die perfeksionis in jou. Wees realisties oor wat jy kan doen en wys onbelangrike verantwoordelikhede van die hand.

Selfsorg: Die wêreld sal nie tot ’n einde kom as jy ’n blaaskans neem nie.

Weegskaal (24 Sept. – 23 Okt.)

Doen moeite om jou huislewe reg te ruk en ondersteuningstelsels in werking te stel wat die lewe makliker sal maak. Maak rondom die 10de op jou instink staat vir ’n winskopie.

Selfsorg: Moenie skuldig voel dat jy nie lus is vir kuiermense nie. Tydelike afstand sal jou goed doen.

Skerpioen (24 Okt. – 22 Nov.)

Jy sal hope energie hê – dis die perfekte tyd om werk te maak van projekte wat jy tot nou toe uitgestel het. Dit waarmee jy inisiatief neem, sal ook goed uitwerk. Maak egter seker dat jy ander by jou planne betrek.

Selfsorg: Kom uit ’n groef deur jou roetine te verander.

Boogskutter (23 Nov. – 22 Des.)

Gee jouself tot die 7de om oop te wees vir enige iets wat na jou kant toe kan kom. Prioritiseer daarna en wees meer selektief sodat jy kan besig raak met dit waarmee jy goed is.

Selfsorg: Goeie dosisse van wye, oop ruimtes sal jou gemoed goed doen wanneer jy rusteloos begin voel.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Jou sterre Desember 2017

Tracy Shaw kyk na wat jou voorspellings vir dié maand inhou

Close