×
Skakel na Engels

Jou sterre: Februarie 2018

Tracy Shaw kyk na wat jou voorspellings inhou
Jou sterre

Waterdraer (21 Jan. – 19 Feb.)

Jy gaan ’n positiewe tyd binne waar jy vol selfvertroue en borrelend lewendig gaan voel. Aan die werkfront kan jy egter in die moeilikheid beland as jy dink diegene in gesagsposisies is op jou golflengte. Toets eers die water.

SELFSORG: Dink minder en doen meer; soos om tyd vir oefening te maak. Jy sal verveeld raak as jou verstand nie genoeg gestimuleer word nie.

PERSOONLIKHEID: Die Waterdraer is van nature onafhanklik en het onkonvensionele idees. Jy is ’n idealis en is aangetrokke tot enige iets wat innoverend of vernuwend is. Jy is vriendelik, gesellig en uitgesproke, het ’n groot vriendekring en baie kennisse. Jy is ’n oopkop ouer en sien die huwelik as ’n vennootskap sonder vasgestelde rolle.

STERK PUNT: Omdat jy nie in status of magspeletjies belangstel nie, behandel jy almal dieselfde en is jy inklusief.

SWAKHEID: Al sien jy jouself as verdraagsaam, kan jy nie verstaan dat ander mense nie soos jy dink nie.

INSPIRASIE VIR DIE JAAR: Gryp geleenthede aan wat jou loopbaan sal bevorder deur jou uit te daag om aan jou menseverhoudings te werk.

EDELSTENE: Obsidiaan en opaal.

Vis (20 Feb. – 20 Mrt.)

Jy kan vordering by die werk maak deur proaktief te wees en hoër te mik. Van die 10de af sal komplimente, geskenke en uitnodigings wys dat jy waardeer word.

Selfsorg: Raak weg in ’n inspirerende, emosioneel stimulerende boek.

Ram (21 Mrt. – 20 Apr.)

Maak ’n paar aanpassings sodat jy jou avontuurlus kan uitleef, en geniet die ervarings wat na jou kant toe kom. ’n Romantiese wegbreek saam met jou geliefde sal ideaal wees – begin beplan daarvoor.

Selfsorg: Die geselskap van mense wat jou liefde vir die lewe deel, sal jou innerlike vlam sterk laat brand.

Bul (21 Apr. – 21 Mei)

Nuwe dinge by die werk daag jou uit om oopkop te wees. Van die 10de af is dit makliker om saam met die stroom te swem en by ander se planne in te val. Daar is ook spesiale oomblikke saam met jou maat.

Selfsorg: Voed jou siel met ontspantyd in die natuur of met mooi musiek.

Tweeling (22 Mei – 21 Jun.)

Tyd saam met stimulerende mense sal jou help om ’n bietjie buite die boks te dink en dit sal jou moontlikhede laat raaksien wat die moeite werd is om te verken. Wanneer ’n ouer rondom die 20ste oor ’n sensitiewe onderwerp wil praat, maak seker jy luister met jou hart, nie jou kop nie.

Selfsorg: Maak in die middel van die maand tyd om te rus en na te dink. Dis broodnodig om jou ooraktiewe brein ’n blaaskans te gee.

Kreef (22 Jun. – 23 Jul.)

Jy sal ingewikkelde kantoorpolitiek beter kan hanteer wanneer jy terugstaan sodat jy ’n minder emosionele, meer objektiewe perspektief kan kry. Wanneer jy en jou maat jul verskillende ouerskapgawes saam inspan, vorm julle ’n wonderlike span.

Selfsorg: Maak oefening deel van jou ontspantyd om jou fi sieke en emosionele welstand ’n hupstoot te gee.

Leeu (24 Jul. – 23 Aug.)

Dis ’n maand om ander as klankbord vir jou idees in te span en die verskille wat verhoudings interessant maak te waardeer. Pleks van oorbeskermend wees, gun jou kinders die ruimte om uit hul ervarings te leer.

Selfsorg: Van die 18de af betree jy ’n tydperk van innerlike nabetragting.

Maagd (24 Aug. – 23 Sept.)

Jy sal goeie vordering by die werk maak deur ’n spanspeler te wees. Maak voorstelle sonder om reg te wil wees. Jy en jou maat is op dieselfde golflengte, wat tot wonderlike saamwees-oomblikke sal lei.

Selfsorg: Sien raak wanneer dinge vlot verloop (dis ’n kuns!), eerder as om jouself te kritiseer.

Weegskaal (24 Sept. – 23 Okt.)

Moenie by die reëlboek vir ouerskap hou nie; bevraagteken eerder dit wat nie reg voel nie en probeer ’n nuwe benadering. Laat rondom die 21ste ekstra tyd toe vir projekte, aangesien afleidings jou tydelik sal terughou.

Selfsorg: As jy te tegemoetkomend is, sal jy uitgeput voel. Stel dus grense.

Skerpioen (24 Okt. – 22 Nov.)

Jy sal positiewer voel wanneer jy van onnodige goed ontslae raak, die meubels herrangskik of slim dekorveranderinge in jou huis aanbring. Probeer om rondom die 17de nie onnodig geld uit te gee nie.

Selfsorg: Moenie jou ontspantyd met te veel aktiwiteite vul nie. Laat eerder ruimte sodat jy kan inval by wat ook al gebeur, sou jy so voel.

Boogskutter (23 Nov. – 22 Des.)

Dit is die maand vir wikkel, inisiatief neem en impulsief optree. Betrokkenheid by woonbuurtsake sal uitdagend maar stimulerend wees. Wees versigtig dat jy nie die indruk skep dat jy dink jy weet alles nie.

Selfsorg: Luister van die 16de af na die stemmetjie wat sê dis tyd om briek aan te draai en tuis te ontspan.

Steenbok (23 Des. – 20 Jan.)

Gee aandag aan geldspaarwenke of -idees en vul só jou inkomste aan. Moet egter nie toelaat dat ’n vriendin jou oortuig om buitensporig baie geld uit te gee nie. Later in die maand sal jy op goeie voet met ’n kollega wees.

SELFSORG: Bederf jouself met ’n nuwe voorkoms wat jou vroulikheid beklemtoon. Herlaai jou batterye met kalmerende oefening en tyd in ’n rustige omgewing.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Jou sterre Januarie 2018

Tracy Shaw kyk na wat jou voorspellings vir dié maand inhou

Close