×
Skakel na Engels

Jou sterre Desember 2017

Tracy Shaw kyk na wat jou voorspellings vir dié maand inhou
Jou sterre

Boogskutter (23 Nov. – 22 Des.)

Omstandighede buite jou beheer dwing jou om jou planne te hersien. Wees realisties oor wat gedoen kan word. Moet ook nie take tot op die laaste minuut los nie. Doen soveel jy kan voor die 16de.

SELFSORG: Jy sal dit geniet om sosiaal te verkeer én om stil ’n blaaskans te geniet.

PERSOONLIKHEID: Die Boogskuttervrou is optimisties en sien altyd die blink kant raak. In haar hart is sy ’n sigeuner wat floreer wanneer sy buite is en reis. Sy dink ook graag na oor die betekenis van die lewe. Sy is ’n gemaklike ouer, pret as ’n maat, en vriendelik.

STERK PUNT: Aangesien sy ’n oog vir moontlikhede en ’n sin vir avontuur het, sal sy ’n goeie entrepreneur wees.

SWAK PUNT: Omdat sy rusteloos is, kan sy te gou aanbeweeg en nie die belonings geniet van dit wat sy begin het nie.

INSPIRASIE VIR DIE JAAR: Gee aandag aan jou innerlike reis deur tyd te maak om te mediteer en in ’n dagboek te skryf.

EDELSTENE: Turkoois en ametis.

Pin hierdie artikel vir later! Volg Goeie Husihouding op Pinterest vir nog.

Steenbok (23 Des. – 20 Jan.)

As jou pligsbesef jou te veel laat aanpak, sal jy onvergenoegd voel. Luister na jou binnestem en moenie skuldig voel om aanbiedinge en uitnodigings van die hand te wys nie.

Selfsorg: Maak meer tyd vir jouself.

Waterdraer (21 Jan. – 19 Feb.)

Jou loopbaan is in ’n dinamiese, inspirerende fase. Jou sterk menings kan tot ’n uitval met iemand na aan jou lei – hou jou in! Geleenthede waar die hele familie betrokke is, behoort voorkeur te kry.

Selfsorg: Maak tyd om asem te skep, anders sal jy nie die beste jy wees nie.

Vis (20 Feb. – 20 Mrt.)

Goeie dinge kom na jou kant toe, wat jou aanmoedig om in jouself te glo. Vertrou jou intuïsie, want dit werk goed. Wees versigtig vir gekruisde lyne wanneer jy reëlings met ’n ouer tref.

Selfsorg: Hou gesonde happies byderhand vir wanneer jy energie nodig het.

Ram (21 Mrt. – 20 Apr.)

Jy is dié maand vasbeslote om berge te versit. Probeer om nie impulsief op te tree nie, maar volg jou instink. Gaan jou vakansiereëlings na; daar kan dalk een of twee haakplekke wees.

Selfsorg: Klein, intieme kuiers en gehaltetyd saam met een persoon is emosioneel meer bevredigend as groot partytjies.

Bul (21 Apr. – 21 Mei)

Jou maand gaan besig, maar positief wees. ’n Misverstand rondom die 5de sal gou opgeklaar word as jy dit met ’n sagte hart benader. Saamwerk met jou maat verloop vlot, mits jy bereid is dat hy of sy die leiding neem.

Selfsorg: Te veel ryk kos sal sy tol eis; dink dus oor wat jy eet.

Tweeling (22 Mei – 21 Jun.)

Jy is gewoonlik buigsaam, maar op die oomblik weet jy nie hoe jy hindernisse gaan oorkom nie. Wees geduldig en teen die 10de sal daar nuwe moontlikhede wees. Jou optrede teenoor jou maat sal meer sê as jou woorde.

Selfsorg: Wees selektief met uitnodigings, want om te veel te doen sal jou uitput.

Kreef (22 Jun. – 23 Jul.)

Tot en met die 23ste sal oponthoude, verspeelde geleenthede en kommunikasieprobleme dit moeilik maak om dinge gedoen te kry. Gelukkig het jy mense om jou wat jou sal help om die positiewe kant van sake raak te sien.

Selfsorg: Maak seker daar is baie vars vrugte en heerlike slaaie op die spyskaart.

Leeu (24 Jul. – 23 Aug.)

Dis die maand van voluit leef en nie te ernstig wees oor ’n glips nou en dan nie. Jy kan immers nie elke detail beheer nie. Familiesake raak by tye inderdaad ingewikkeld. Vermy konfrontasie deur nie jou wil te probeer afdwing nie.

Selfsorg: Laat jouself toe om spontaan te wees

Maagd (24 Aug. – 23 Sept.)

’n Tydelike terugslag laat jou in jou spore vassteek. Bekyk die probleem vanuit ’n ander hoek en jy sal gou ’n oplossing vind. Wees rondom die 20ste bereid om weer oor familieplanne te onderhandel.

Selfsorg: Voeg pretdinge by jou doenlysie.

Weegskaal (24 Sept. – 23 Okt.)

Jy reis meer as gewoonlik. Gaan aanwysings en reëlings na, en maak seker dat jou motor in ’n goeie toestand is. Wat geldsake betref, kan jy jouself bederf, moet net nie oorboord gaan nie.

Selfsorg: Kry nuwe energie met rustige, sielsverrykende bedrywighede.

Skerpioen (24 Okt. – 22 Nov.)

Wanneer sake glad verloop, kan jy maar weet jy is op die regte pad. Sodra jy druk moet toepas, laat dit liefs gaan. Rondom die 3de word jy vir ’n goeie daad beloon.

Selfsorg: Ontspan so gereeld jy kan.

LEES OOK:

Die beste kleur om dié somer te dra volgens jou sterreteken

Hoeveel slaap het jou sterreteken nodig?

Ons Kersuitgawe is nou beskikbaar

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Kopkrapper-oplossings Desember 2017

Hier volg die antwoorde van die kopkrappers wat in ons Desember-uitgawe verskyn het

Close