×
Skakel na Engels

Jou maklike maaltydplan vir die week

Sukkel jy om elke dag van die week iets nuuts vir middag- en aandete uit te dink?

Werkende ma’s weet hoe moeilik dit kan wees om tyd te maak vir alles van skoolkar ry tot hulp met huiswerk en aandetes vir jou gesin berei. Hierdie weeklikse maaltydplan sal jou las ’n bietjie ligter maak en dit boonop vir die volgende week minder stresvol maak om kos op die tafel te kry.

Maandag: Chorizo-en-krulkool-risotto

Chorizo & kale risotto

Kook en berei dié chorizo-en-krulkool-risotto (wat slegs sewe bestanddele verg) in net meer as ’n uur. Dis eenvoudig, maar o, so lekker!

Hier is die resep.

Dinsdag: Varkfilet met geroosterde suurlemoen-orzo

Pork Fillet with Roasted-lemon Orzo

Voedsaam, kleurryk en eenvoudig! Jy het slegs vyf bestanddele nodig om hierdie varkfilet met geroosterde suurlemoen-orzo te berei (en natuurlik ’n bietjie olie en geurmiddels). Makliker sal jy nie sommer kry nie.

Hier is die resep.

Woensdag: Panzanellasop

Panzanella Soup

Nie alle soppe word van oorskietgroente gemaak nie! Dié vullende en heilsame panzanellasop is uit die boonste rakke.

Hier is die resep.

Donderdag: Vispastei

Fish Pie

Dis goed om vis in jou dieet in te sluit wat ryk is aan omega 3-vetsure, want dit keer nie net inflammasie nie, maar verbeter ook jou gemoed en breinfunksie. Maak dus vis ’n gereelde bestanddeel in jul weeklikse etes, veral wanneer die kinders eksamen skryf.

Hier is die resep.

Vrydag: Braaihoender-wraps met “ranch”-sous

BBQ-ranch Chicken Wraps

Vrydagaande wil niemand hul in die kombuis afsloof nie. Dit maak hierdie braaihoenderwraps die ideale aandete, want elkeen kan sommer homself help! Eksperimenteer gerus met ander bestanddele.

Hier is die resep.

Saterdag: Bolognese met Italiaanse wors en parmesaan

Parmesan and Sausage Bolognese

Dié bolognesegereg neem slegs 25 minute om te maak – dit is dus perfek vir ’n vinnige middag- of aandete ná ’n besige dag vol vergaderings, sport en huiswerk. Hou hom in jou resepteboek vir wanneer jy weer ’n lekker vinnige en maklike ete aanmekaar moet slaan.

Hier is die resep.

Sondag: Skorsies met chorizo-vulsel

Chorizo-stuffed Squash

Jy hoef nie élke Sondag ’n feesmaal te berei nie; hierdie gevulde skorsies is maklik, maar regtig vullend. Sit dit met ’n slaai of growwe brood en botter voor. En siedaar!  

Hier is die resep.

Nagereg: Suurlemoenmousse

Lemon Mousse

’n Smullekker nagereg wat slegs 20 minute neem om te maak! Sluit jul ete met hierdie soetsuur bederf af, en onthou om ’n bietjie vars suurlemoenskil bo-oor te rasper.

Hier is die resep.

Gebak: Piesangbrood

Home-Style Banana Bread

Daar’s min dinge so lekker soos ’n tuisgebakte piesangbrood. Sit dit warm voor met botter en ’n bietjie kaas en heuning. Njammie!

Hier is die resep. 

LEES OOK:

’n Inkopiedroom vir besige ma’s

9 idees vir reënboogkos wat jou mond sal laat water

7 maklike aandetes vir die hele week

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
7 gesinsaandetes vir die week

Beplan die week se aandetes vooruit sodat jy minder ná werk hoef te skarrel om iets aanmekaar te slaan

Close