×
Skakel na Engels

Jou maandstonde – sonder probleme!

Kotex het die perfekte produkte om te verseker dat jou maandstonde jou nie keer om hierdie vakansie te geniet nie
Kotex

Kotex weet hoe om jou en miljoene ander vroue oor die wêreld heen met hul betroubare produkte te beskerm. Hierdie produkte is ontwerp om vroue die vryheid en selfvertroue te gee om hul lewe te leef en elke oomblik daarvan te geniet. En hulle doen dit al die afgelope 90 jaar.

Kotex het nou Kotex All Nighter Maxi Pads bekendgestel. Hierdie fantastiese nuwe produk is die langste en breedste in die Kotex-reeks. Die Kotex All Nighter-doekie is ontwerp om gemaklik teen jou vel te voel, lekkasie te keer en die lyf perfek te pas. Die ekstra bedekking verseker te alle tye beskerming teen lekkasie en maak dit die perfekte doekie vir dae waarop jou maandstonde swaar is.

Kotex

Hier is nog vier fantastiese Kotex-produkte om jou in die feestyd gemaklik te hou:

1. Kotex Ultra Thin Pads

Kotex Ultra Thin Pads bied aan jou diskresie en 3-in-1-voordele: beskerming teen lekkasie, maksimum gerief en pas perfek teen jou lyf. Die doekies is met ’n innoverende kern ontwerp vir oombliklike absorpsie en beskerming teen lekkasie.

2. Kotex Designer Scented Panty Liners

Hierdie fantastiese broekievoerings is ontwerp om in enige onderklere te dra. Die voerings word individueel gevou en toegedraai vir gerief en higiëne. Dié voerings kom in mooi, stylvolle ontwerpe om jou gemoed oombliklik op te kikker.

3. Kotex Everyday Panty Liners

Kotex Everyday Panty Liners is baie dun vir diskresie. Dit het ’n sagte bolaag en is volgens jou lyf gevorm vir alledaagse gemak. 

4. Kotex Designer Tampons

Jy hoef nie oor glipsies bekommerd te wees wanneer jy Kotex-tampons gebruik nie, want dit het ’n blou ultra-absorberende deel vir ekstra beskerming teen lekkasie. Daar is verskillende groottes tampons afhangende van hoe swaar jou maandstonde is – mini, normaal en super – en dit kom in kleurryke omhulsels.

Besoek www.kotex.co.za vir nog inligting of volg @KotexSouthAfrica op Facebook. 

Hooffoto: iStock/Viktor_Gladkov

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief