×
Skakel na Engels

Jou geld-dieet

Dalk is ’n finansiële “dieet” net wat jou geldsake nodig het om te herstel

As jy die belt om jou beursie stywer trek, sal jy sien hoeveel maerder jou skuld word:

 

Klim op die skaal

Eerstens moet jy probeer vasstel hoeveel skuld jy regtig het. Want as jy nie weet nie, kan jy nie ’n plan maak om daarvan ontslae te raak nie. Trek vir jou ’n tabel met vier kolomme. Skryf aan die linkerkant waarop jy geld skuld, in die kolom langsaan vir wie jy die geld skuld, dan hoeveel jy skuld in die volgende kolom en laaste wat jou maandelikse paaiement is.

 

Tel die kilojoules

Noudat jy weet wat jy skuld, moet jy ook uitvind waarheen die ekstra geld dan gaan. Jy kan die geld wat jy op al die gekoopte koffies spandeer eerder gebruik om vinniger van jou skuld ontslae te raak. Skryf neer waarop jy geld spandeer en besluit self of dit geldmors is of nie.

 

Skud die kilo’s af

Probeer om ’n bietjie meer as jou minimumpaaiement per maand af te betaal sodat jy vinniger van jou skuld ontslae kan raak. Moet egter nie skuld maak om skuld te kan betaal nie!

 

Hou op peusel

Die beste manier om geld te spaar is om dit nie uit te gee nie. Moenie koop om jou beter te laat voel as jy ’n slegte dag gehad het of as jy verveeld is nie. Spandeer net geld op dinge wat nodig is

 

Jou dieetplan

As jy nie ’n plan het nie, sal jy nie die probleem kan oplos nie. Stel ’n maandelikse begroting op en probeer so ver moontlik om binne hierdie begroting te bly.

 

 

Nog artikels oor Jou Geldsake:

Drie maklike maniere om geld te spaar

Ses wenke wat jou hierdie winter elektrisiteit (en geld!) sal bespaar 

 

Teks: Maretha Botes | Bron:  ‘Voel-goed Boekie’, Carpe Diem

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Vyf vleiende modestaatmakers

Klere wat op ’n strategiese manier verslankend is en só ontwerp is om weg te steek en te kamoefleer, kan...

Close