×
Skakel na Engels

Jou geboortevolgorde kan jou persoonlikheid bepaal

Wat dit vir jou toekoms beteken as jy die oudste, middelste of jongste kind is. Deur Kelly O’Sullivan
geboortevolgorde

Wil jy ’n getwis onder jou sibbe veroorsaak? Sê vir hulle wie volgens die wetenskap die slimste is. ’n Onlangse studie oor hoe eersgeborenes intelligenter as hul sibbe is, het onlangs ’n herrie op die internet veroorsaak soos wat broers en susters stry oor wie die hoogste IK het.

Dit is een van daardie onderwerpe waaroor amper almal ’n mening het, want ons is almal ’n eersgeborene of jonger. Tog kan selfs die kenners nie eens saamstem hoe jou geboortevolgorde die res van jou lewe bepaal nie.

Business Insider het onlangs na die wetenskap rakende geboortevolgorde gekyk en met interessante feite vorendag gekom. Nou kan jy jou ouers daarvoor blameer dat jy nooit ’n uitvoerende direkteur geword het nie omdat jy die jongste kind is.

Lees ook: Superheld-kultuur kan kinders aggressief maak

As jy die jongste is:

Jy is meer geneig om vir jouself te werk, selfs al werk jou ouers nie vir hulself nie.

Een groep sielkundiges het bevind dat die jongstes ’n rebelse aard ontwikkel en meer geneig is om die risiko’s van jou eie baas wees aan te neem soos wat hulle ouer raak.

Jy is meer geneig om aan hoërisiko-aktiwiteite deel te neem.

Navorsing toon dat jongstes meer geneig is om kanse te waag en aan gevaarlike sportsoorte deel te neem. Dit verduidelik waarom jou jongste broer of suster so graag wil gaan valskermspring.

As jy ’n middelkind is:

Jy is meer geneig om ander te help.

Een studie toon dat middelkinders meer geneig is tot “prososiale” gedrag – dit beteken hulle is altruïsties en sal ander se behoeftes bo hul eie stel.

As jy die oudste of enigste kind is:

Jy is meer geneig om op konvensionele maniere sukses te behaal.

Een sielkundige verduidelik dat oudste en enigste kinders sonder enige sibbe grootgeword het tussen volwassenes wat slimmer as hulle is – en die enigste manier om hulle tevrede te stel is deur konvensionele prestasies.

Jy is meer geneig om in ’n leierskapposisie by die werk te wees.

Party navorsers reken dat eersgeborenes meer geneig is om politieke leiers of uitvoerende direkteure te word. Enigste kinders en eersgeborenes identifiseer beter met hul ouers en gesag en is daarom geneig om konformisties, akademies ingesteld en selfversekerd te wees. Hierdie eienskappe kan in die werkplek manifesteer wanneer hulle die suksesleer klim.

Ondanks jou geboortevolgorde:

Jy is meer geneig om vriende met ander van dieselfde geboorte-volgorde te wees

Een studie het getoon dat jongste kinders meer geneig is om hegte bande met met ander jongste kinders te smee, middelkinders met ander middelkinders, ensovoorts.

Van: Good Housekeeping US

FOTO: iStock/ideabug

LEES OOK:

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Maandelikse rubriek: Klein monstertjies deur GH se rubriekskrywer Susan Hayden

Soms wonder ek of al die fokus wat ons as moderne ouers op ons kinders plaas werklik so ’n goeie...

Close