×
Skakel na Engels

Ja, jy mág maar soetgoed eet

Om die regte gesondheidskeuses te maak, is dikwels ’n uitdaging, en ons wil jou sê jy hoef nie altyd so hard op jouself te wees nie

‘’n Obsessie oor gesondheid kan dit moeiliker maak om met goeie gewoontes vol te hou,’ sê dr. Susan Love, medeskrywer van Live A Little! The Rules Won’t Break Your Health (Three Rivers Press). ‘As jy altyd aan die gang is, kan jy so oorweldig voel dat jy ’n “te duiwel met alles”-houding daaroor inneem.’ Enige vrou wat al op ’n streng dieet was en teen middernag die koekieblik gestroop het, sal dié teorie beaam.

 

Die ideaal is, byvoorbeeld, dat jy nog altyd die kolwyntjies op kantoor of enigiets met verfynde suiker in, vermy. Maar ons wil vir jou sê: Dis goed genoeg as jy elke dag net één soetdingetjie eet.

 

Ja, dis waar dat suiker leë kilojoules is en verhoogde inname daarvan word met vetsugtigheid en ’n toename in diabetes verbind. Maar jy kan steeds daarvan eet! ’n Vrou wat ’n basiese, gesonde dieet volg, kan maar 10% van haar kilojoules van bykomende suiker inkry, sê Janis Jibrin, ’n dieetkundige en medeskrywer van The Life You Want: Get Motivated, Lose Weight, And Be Happy (Simon & Schuster).

 

‘Dit beteken sowat 45 g vir die gemiddelde vrou, of sowat 650 kJ tot 850 kJ per dag,’ verduidelik sy. Dit sluit nagereg in, sowel as meer verskuilde bronne van suiker soos vrugtegegeurde jogurts, versoete graankos en tamatiesous. Jy kan jou daaglikse ‘rantsoen’ alles met ’n halwe kolwyntjie by ’n vriendin se verjaardagpartytjie opeet, of jy kan jou suikerinname deur die dag versprei: konfyt op jou roosterbrood vir ontbyt, ’n teelepel suiker in jou koffie, ’n handvol Jelly Tots en ’n ysie saam met die kinders ná ete.

 

Lees ook:

Hoeveel kilojoules bevat jou gunsteling- warm drankie?

Verloor gewig deur dié vyf maklike aanpassings te maak

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Gee jou metabolisme ’n hupstoot Deel II

Baie vroue blameer ʼn stadige metabolisme vir die feit dat hulle sukkel om gewig te verloor. Sit só jou metabolisme...

Close