×

Is ’n glutenvrye dieet vir jou?

Almal praat daarvan, maar ’n dieet sonder gluten kan ook jou gesondheid − én jou middellyn − benadeel

gluten free

Daar’s duisende vroue wat dié neiging aanhang: om alle kos wat gluten bevat, te vermy. Gluten is ’n proteïen wat in koring, gars en rog voorkom. Maar gee mense wat gluten uit hul dieet sluit, régtig hulle gesondheid ’n hupstoot? Ons skei die koring van die kaf.

 

’n Glutenvrye dieet is beslis vir jóú 

Jy het ’n dokter gaan sien en jy het seliak- of buikholtesiekte

Mense wat aan dié ernstige toestand ly, moet gluten definitief vermy. Selfs die kleinste happie gluten kan by sulke mense ’n outo-immuunreaksie veroorsaak wat tot skade aan die binnewand van ingewande kan lei, verduidelik Tricia Thompson, dieetkundige en skrywer van The Gluten-Free Nutrition Guide (McGraw-Hill). Sulke skade kan voedingstekorte veroorsaak en tot ’n klomp oënskynlik vreemde simptome soos diarree, veluitslag, depressie en selfs ’n langtermyn-risiko vir kanker van die ingewande aanleiding gee.

 

’n Glutenvrye dieet is moontlik vir jóú

Jy het simptome soortgelyk aan dié van buikholtesiekte, maar jy’s nie daarmee gediagnoseer nie

Baie mense wat aanhoudend met ingewandsprobleme en ander skynbaar onverwante dilemmas soos chroniese moegheid en gewrigspyne sukkel, ervaar verligting as hulle ’n glutenvrye dieet probeer. Hulle ly aan ‘gluten-sensitiwiteit’ wat met ’n verskeidenheid kwale geassosieer word, maar nie dieselfde skadelike uitwerking as buikholtesiekte het nie. Moet egter nie sonder meer sélf besluit om ’n glutenvrye dieet te volg nie – praat eers met jou dokter en ’n dieetkundige.

 

Jý moet liefs nie ’n glutenvrye dieet volg nie

Jy wil net gewig verloor

Jy’t dit al vantevore gehoor: dis die kilojoules en nie gluten of koolhidrate nie, wat die skaal in jou guns laat swaai of nie. Glutenvrye kos bevat inderwaarheid meer kilojoules as die gewone eweknieë, en glutenvrye produkte is ook geneig om minder vesel, wat jou juis versadig laat voel, te bevat.

 

In watter kategorie val jy? Lewer gerus hieronder kommetaar.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Maak jou peuselhappies of hoofmaaltye iets besonders met Vital Multigrain Cakes

Vul daardie hongerkolle met Vital Multigrain Cakes.

Close