×
Skakel na Engels

Is jy alewig laat?

Is jy van daardie mense wat vir niks betyds kan wees nie? Volg ons raad

 

Konfronteer jou gerieflike manier van dink met die koue, harde feite

Neem ’n week om te kyk hoeveel tyd jou daaglikse take in beslag neem – wat DeLonzor, ’n tydsbestuurskonsultant, die ‘hervaslegging van die tydsbegrip’ noem. As jy eers besef hoe lank dit regtig neem om te stort, die kinders aangetrek te kry en die hond kos te gee, kan jy jou skedule daarvolgens aanpas.

 

Beplan om vroeg by jou bestemming aan te kom deur 15 minute ekstra by jou reistyd te voeg

Die kanse is goed dat jy betyds sal wees; in die ergste scenario sal jy selfs ’n paar minute hê om te ontspan, iets te drink en jou hare netjies te maak. Nes Carrie Hall (38), ’n onderwyseres,  dink laatkommers dikwels die tyd wat dit geneem het om vir iets te wag, is tyd wat vermors is. Maar jy kan daardie ekstra minute produktief gebruik as jy ’n boek of jou selfoon saamneem.

 

Werk ’n strategie vir elke dag uit

‘Baie mense wat sukkel om hulle tyd te bestuur het nie ’n goeie idee van hoe hulle dag gaan verloop nie,’ sê DeLonzor. Maak dus ’n lysie met die beraamde tyd wat iets jou gaan neem langsaan elkeen geskryf. Dan sal dit vir jou moontlik wees om te bepaal of jy 30 ure se bedrywighede in ’n 24-uur dag ingepas het.

 

 

Laat Hall jou ’n bietjie inspireer as jy dink jy gaan nooit oor hierdie bult kom nie: ‘Twee jaar gelede het ek begin skoolhou, en jy kan nie laat wees vir dáárdie beroep nie, nie eens vyf minute nie, wat ek nooit voorheen as “laat” beskou het nie.’ Met slim beplanning om elke dag ’n halfuur vroeg te wees het sy die tyd-tameletjie in een belangrike gebied van haar lewe baasgeraak – en haar werk behou.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Moet-hê: pragtige, praktiese skryfbehoeftes

Vir dié van ons wat versot is op mooi skryfbehoeftes, en daarvan hou om georganiseerd te wees

Close