×
Skakel na Engels

Is jou hond se hare gekoek?

Ons het 3 produkte gekry wat kan help

Oplossing 1:

Purl Advanced De-tangling Pet Shampoo

 

Dié sjampoe het ’n pêrelagtige voorkoms en bevat gespesialiseerde opknappende eienskappe wat dit maklik maak om knope uit te kam. Dis spesifiek vir honde met langer hare geformuleer.

Bonus: Jy kan jou kat ook hiermee was!

R51 vir 250 ml

 

Oplossing 2:

Everyday Isle of Dogs Silky Coating Conditioner

 

Dié opknapper dring hare diep binne en kan saam met Isle of Dogs-sjampoe gebruik word vir ’n merkbaar sagte, gladde en beheerbare pels. Dit het ook ’n wonderlike jasmyn-en-vanieljegeur.

R150 vir 500 ml

 

Oplossing 3:

Mikki Anti Tangle Comb

 

Dié vernuftige kam is spesiaal deur kenners ontwikkel. Die kam se tande kan 360 grade draai, wat die druk verlig wanneer jy jou hond se hare kam, los hare en vuiligheid verwyder en jou hond se pels sal laat blink.

Growwe pelskam R108

Fyn pelskam R112

 

 

Alle produkte is beskikbaar by www.petlovers.co.za

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Kat-in-’n-boks!

Ons het hierdie oulike video so baie geniet dat ons dit sommer twee keer gekyk het!

Close