×
Skakel na Engels

Is dit stres?

Dis nie altyd so duidelik soos daglig nie. Leer om die waarskuwingstekens op te merk sodat jy jouself kan kalmeer en terselfdertyd meer produktief kan raak

 

Dis duidelik wanneer jy so angstig raak dat jy in ’n papiersak moet asemhaal, maar sommige tekens van aanhoudende stres is subtiel en jy sal dalk nie eens die kloutjie by die oor bring nie.

 

Verbloemde tekens wat stres verraai:

 

1. Pyn in die kake

As jy in die og- gend wakker skrik en jy het pyn van jou nek af boontoe, dan kners jy waarskynlik snags op jou tande, sê die tandheelkunde-spesialis dr. Sally Cram. Jou gesigspiere raak gespanne wanneer jy gestres is en dit kan lei tot spierspasma wanneer jy slaap en veroorsaak dat jy op jou tande kners.

 

2. Maagprobleme

‘Mense sluk soms lug wanneer hulle gespan- ne is, en dit kan abdominale onge- mak veroorsaak,’ sê dr. Douglas Drossman, ’n professor in medi- syne en psigiatrie. X-strale wys meer gas in die buik van mense wat aan stres ly.

 

3. Swak libido

Ondervind jy dat jy aand ná aand nie vir seks kans sien nie? ’n Lae seksdrang is dalk die teken dat jy geestelik en liggaam- lik uitgeput is.

 

4. Mondsere

Stres kan ook die uitbreking van hierdie klein sweertjies in of om jou lippe veroorsaak, sê Cram. Dit word geïrriteer deur kos met sout, speserye of suur.

 

Bron: Goeie Huishouding-tydskrif

 

V: Ervaar jy enige van hierdie ‘simptome’?

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Naweekpret vir die gesin

Laat die laaste naweek van die skoolvakansie verbyvlieg! Hier's ’n paar pretaktiwiteite vir jou kinders

Close