×
Skakel na Engels

Installeer jou kind se karstoeltjie met ISOFIX

Die veiligste motorsitplekke vir kinders
ISOFIX

ISOFIX is ’n kindersitplek-monteerstelsel vir motors wat internasionaal gestandaardiseer is. Dit beteken dit kan in motors oor die wêreld heen gemonteer word. Daar word gesê motorsitplekke met hierdie stelsel is die veiligste op die mark.

“ISOFIX bied die veiligste, maklikste en vinnigste manier om ’n kindersitplek korrek in ’n motor te installeer sonder dat sitplekgordels gebruik hoef te word,” sê Debbie Billson van Brands Africa. In toetse is bewys dat ISOFIX uitmuntend veilig is, spesifiek omdat dit direk aan die bakwerk van die voertuig geheg word. “Die voordele van ISOFIX is dat die kindersitplek op die onderstel van jou voertuig geïnstalleer word.”

Die monteerstelsel is in 1997 ontwikkel en is in 2006 standaard in nuwe motors gemaak. ISOFIX word egter nie in alle motors aangebring nie, sê Billson. “Die meeste Europees vervaardigde motors het ISOFIX. Ons beveel aan dat die verbruikers hul handleiding nagaan of hul handelaar kontak as hulle nie seker is of hul motor ISOFIX het nie.”

Wat ISOFIX-kindersitplekke van gewone motorsitplekke onderskei, is dat dit spesiaal ontwerpte ankerpunte het wat aan die versteekte metaalknippe aan die basis van die sitplek in jou motor geheg word. “Met ISOFIX is daar ’n kleiner risiko dat die kindersitplek verkeerd geïnstalleer word. Een van die grootste oorsake van beserings van kinders in motorongelukke is dat die sitplek nie behoorlik geïnstalleer is nie.”

ISOFIX gebruik twee standaard-ankerpunte wat aan die basis van die sitplek geleë is, en ’n toestel wat keer dat die sitplek kantel of roteer, wat of ’n stutpoot of ’n stewige band boaan kan wees.

Die stelsel bestaan uit:

’n Stutpoot: Dit word geposisioneer op die vloer van die motor tussen die voor- en agtersitplek waarop die kindersitplek is.

Band boaan: Dit is ’n universele sisteem – dit beteken die kindersitplek behoort in alle motors te pas met die band boaan as ’n ankerpunt. Dit kan op verskillende plekke agteraan die agtersitplek geleë wees, of onderin die kattebak of op die plafon.

Die ISOFIX-kindersitplekke word deur drie stadiums gekategoriseer:

Groep 0: Pasgeborenes (tot 75 cm lank)

Groep 1: Kinders tussen 67 cm en 105 cm lank

Groep 2/3: Kinders tussen 105 cm and 135 cm lank

ISOFIX-kindersitplekke is oor die algemeen duurder as die standaardmotorsitplekke vir kinders – maar die pryse wissel. Bambino Elite ISOFIX-kindersitplekke kos vanaf R3 999 by Babies R Us en Baby City.

Kyk hierdie video vir die regte installeringsproses:

Van: WOW

FOTO: iStock/RyanJLane

LEES OOK:

5 redes om ’n nuwe motor te koop

10 maniere om rugpyn te keer wanneer jy reis

Maandelikse rubriek: Maak bekwame kinders groot

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Virtuele Santa Shoebox-projek: Jy kan nou alles aanlyn doen!

Die Kersfeesvrolikheid begin vanjaar vroeg!

Close