×
Skakel na Engels

Inkopies en vermaak vir die hele gesin

Aandag, alle Johannesburg-mammas! Ons het fantastiese nuus!
The Zone

Wie wil nou nié meer gehaltetyd saam met hul kinders bestee nie? As jy in die Johannesburg-area woon, is The Zone @ Rosebank net die plek om dít te doen! 

The Zone @ Rosebank is Rosebank se gewilde inkopie-, restaurant- en vermaaksentrum. Die Food @ The Zone is ’n pragtige oopplan-selfhelp-eetruimte – ’n eerste in Rosebank – waar fliekgangers, gesinne en pretsoekers kan ontspan en iets te ete kan kry by verskeie van Suid-Afrika se gewildste kitskoseetplekke en restaurante.

Kom geniet lekker kos en goeie vermaak, en kry boonop meer waarde vir geld met al hierdie fantastiese aanbiedings wat tot einde Oktober 2017 geld!

Lekker kos en wyn by Piza e Vino

Wie sê net kinders mag pret hê? Grootmense het mos ook ’n bietjie pret nodig! Geniet ’n maaltyd vir R89 per persoon. Dié aanbod sluit ’n middelslagpizza of -pasta en ’n drankie van jou keuse in. Hierdie aanbod geld elke Maandag en Dinsdag. Bepalings en voorwaardes geld.

Pizzapret vir die kleinspan by Piza e Vino

Kinders kan hul eie klein pizza en melkskommel met allerhande lekkernye aanmekaarslaan vir slegs R85. Dié aanbod geld van Maandag tot Sondag.

’n Familiefees by Burger Rack

Kry hierdie spesiale aanbod slegs by Burger Rack: Op “Rib Tuesday” kry jy 500 g ribbetjies, skyfies en uieringe vir R89. Dié aanbod geld elke Dinsdag.

Ontbyt by Motherland Coffee Company

Die “Business Breakfast” bestaan uit ’n ontbyt-wrap met spek, eiers, kaas en tamatie, asook ’n Americano-koffie vir slegs R55. Dié aanbod is daagliks tot 11:00 beskikbaar.

’n Kegelbaan vir oud en jonk by The Fun Company

Kry een rondte se spel asook R50 se speelkrediete vir slegs R75 (wat normaalweg R110 kos). Die speelkrediete kan in die speletjiesarkade gebruik word, vir die stampkarretjies, minigholf of vir ’n rit in die 4D-teater. Dié aanbod is elke Donderdag geldig. Bepalings en voorwaardes geld. 

Vir nog inligting en spesiale aanbiedings besoek www.thezone@rosebank.co.za. Volg @RosebankTheZone ‏op TwitterInstagram en Facebook, en bly op die hoogte van nuus, gebeure en spesiale aanbiedings.

FOTO: iStock/bowdenimages

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Agt Afrikaanse TV-reekse van toeka en nou

Die winter is steeds in volle swang, en daar is min dinge so lekker soos om snoesig op die bank...

Close