×
Skakel na Engels

Hou jou suède-artikels mooi in 6 maklike stappe

Kom winter of somer, jy moet weet hoe om jou suède-items in die allerbeste toestand te hou
Plush suede

Met die perfekte suède-skoene het jy nie ’n verskoning om nié modieus te lyk nie. Raak speels met die ryk kleure en luukse teksture van suède. Druk jou persoonlike styl uit met suède-artikels of -bykomstighede deur dit by jeans, kunspels en leer te dra.

Suède-produkte lyk elegant, maar dit verg baie onderhoud om dit altyd mooi te laat lyk. Gelukkig kan Plush se professioneel vervaardigde Suede & Nubuck Cleaner en Suede & Nubuck Renew help verseker dat jou suède-skoene en -bykomstighede altyd op hul beste lyk. 

Suede & Nubuck Cleaner word geformuleer om suède en nubuck in enige kleur skoon te maak en te versag. Suede & Nubuck Renew maak alle suède-items skoon en laat dit nuut lyk. Dis in 13 kleurskakerings beskikbaar. 

Volg hierdie 6 stappe om jou suède altyd mooi te laat lyk:

  1. Toets produkte eers op ’n klein, onopsigtelike deel van die suède-item wat jy wil behandel.
  2. Gebruik die Plush Suede Combi Brush om vuiligheid met kort, eweredige hale in dieselfde rigting af te borsel.
  3. As die suède baie vuil is, wend Plush Suede & Nubuck Cleaner aan en vryf jou suède-produk met ’n skoon, absorberende lap om die vuiligheid te lig. 
  4. Volg op met Plush Suede & Nubuck Renew. Kies ’n skakering so na as moontlik aan die item wat jy wil behandel en wend dit eweredig oor die hele oppervlak aan.
  5. Terwyl dit nog klam is, borsel die pluis met die Plush Suede Combi Brush om die vernuwingsproses af te rond.
  6. Nou kan jy met jou sjiek suède spog! 

Volg @PlushSA op Facebook of besoek Plush vir nog inligting.

FOTO: Plush

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
WEN ’n veelkleurige leerhandsak met ’n intrekkoord ter waarde van R11 680!

Een gelukkige leser kan ’n veelkleurige Via Veneta-leerhandsak wen met vergunning van Goeie Huishouding en Via La Moda Voel jy...

Close