×
Skakel na Engels

Hou jou hond bosluis- en vlooiloos met NexGard™

Merial, die vervaardiger van die beproefde FRONTLINE®-reeks, bring nou aan Suid-Afrikaanse honde-eienaars NexGard™. Dit is die eerste maandelikse koubare behandeling met ’n groentebasis wat deur honde verdra word en dit is gerieflik en bekostigbaar. Dit dood sowel bosluise as vlooie vinnig en doeltreffend en bied volgehoue beskerming vir ’n volle 30 dae.

“Ons is baie opgewonde oor die bekendstelling van NexGard™. Dié bykomende morsvrye, moeitelose oplossing help honde-eienaars om hul honde teen bosluise en vlooie te beskerm, asook teen die siektes wat met hierdie parasiete geassosieer word,” sê Marianna Rossouw, hoof van die sake-eenheid PETS by Merial Suid-Afrika. Dit is ontwerp sodat honde-eienaars kan kies watter ektoparasietgif hul leefstyl die beste sal pas. Of dit die FRONTLINE®- lokale aantikbehandeling of die nuwe NexGard™- koubare behandeling is, honde verdra albei en dit is hoogs doeltreffend.

Die biefgeur koubare tablet word een keer ’n maand toegedoen, met of sonder kos. NexGard™ is vir honde baie smaaklik. ’n Studie toon dat 90% van honde die tablet maklik geëet het. Dis van groente gemaak en bevat geen vleis nie, en dit is geskik vir honde met ’n biefallergie en vir vegetariese huishoudings.

Met ’n meer bekostigbare opsie kan honde-eienaars ’n enkele NexGard™-behandeling koop, wat beteken jy hoef nie ’n drie-maande-voorraad te koop nie.

NexGard™ werk vinnig en doeltreffend, verskaf onmiddellik gemoedsrus en die versekering dat die honde beskerm is. Daar is bewys dat NexGard™ doeltreffend is in die behandeling van besmetting deur die hoofspesies van bosluise en vlooie in honde en dat dit die vlooispesie dood wat sowel katte as honde besmet.

In laboratoriumstudies was NexGard™ 100% doeltreffend om volwasse vlooie binne 24 uur te dood terwyl dit voortgesette beskerming vir 35 dae teen vlooie gebied het, en meer as 90% doeltreffend om bosluise binne 48 uur te dood terwyl dit voortgesette beskerming teen bosluise vir 30 dae gebied het. Omdat NexGard™ vlooie doodmaak voordat dit eiers lê, voorkom dit ook gevolglike vlooibesmetting nadat met behandeling van bestaande vlooibesmettings begin is.

“Merial is ’n markleier in die beskerming van troeteldiere teen bosluise en vlooie, en ons het ons jare ervaring en tegniese kennis gekombineer om nog ’n doeltreffende vlooi-en-bosluisbehandeling,NexGard™, te ontwikkel wat deur honde verdra word,” sê Rossouw. “Ons is verheug om in die voorhoede van die ontwikkeling van innoverende nuwe produkte te wees. Dit toon ons verbintenis tot die goeie gesondheid van troeteldiere en hul eienaars.”

Om meer oor NexGard™ uit te vind, besoek asseblief NexGardForDogs.com.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Tieners se SMS-taal waarvan ouers moet weet

Hoeveel hiervan kan jy ontsyfer?

Close