×
Skakel na Engels

Hou dié somer die perfekte skemerkelkie-aand

Omskep jou skemerkelkpartytjie in ’n spoggeleentheid
skemerkelkie-aand

Stylvolle sopie

Aperolspritzers is nou hoogmode! Só maak jy een:

1. Jy benodig Aperol, vonkelwyn, sodawater, groen olywe, ’n skyfie lemoen en ys.

2. Meng 1 skeut Aperol en glas vonkelwyn in ’n groot wynglas en vul dit met sodawater en ys aan.

3. Garneer dit met ’n bamboesstokkie waarop ’n paar groen olywe en ’n skyfie lemoen geryg is.

Pret en plesier: Idees vir ysbrekers en aandenkings

1. Skep ’n fotohoekie met bykomstighede en los ’n gelaaide digitale kamera vir mense om mee foto’s te neem.

2. Hou jy ’n temapartytjie? ’n Tatoestasie met tydelike tatoes sal almal in die regte stemming kry.

3. Plak ’n vergrote foto van die gas vrou en/ of gasheer teen die muur en verskaf velle met snorplakkers. Blinddoek’n deelnemer en vra hom of haar om die snor op die foto te plak. Binnekort sal jou gaste die snorre op hul eie gesig plak!

Dink oor drankies

1. Spaar tyd en bestel jou drank aanlyn. Ons hou van www.salewine.co.za, www.getwine.co.za en www.cybercellar.co.za vir goeie aanbiedings en vinnige aflewering.

2. Vir die gemiddelde vier uur lange partytjie vir 10 het jy 18 biere, 6 bottels wyn en 2 bottels sterk drank en koeldrank nodig. Verdubbel dit vir 20 mense.

Maak dit: Herwin ou blikke om lieflike lanterns te maak

1. Jy benodig skoon blikke waarvan die etikette verwyder is, spuitverf in jou keuse van kleure, ’n hamer en spyker, teeligkersies, metaalkleur plakkers en versierings.

2. Gebruik die hamer en spyker om gate in die blikke te kap.

3. Spuit die blikke met spuitverf en laat droog word. Versier die blikke en plaas ’n teeligkersie in elkeen.

WENK: Skep ’n bietjie sand onderin sodat ’n briesie dit nie omwaai nie. 

Fleswenke: Flesse is ’n maklike en moeitelose onthaaloplossing

1. Maak vrugtige pons vooraf, seël dit in flesse en verkoel oornag in die yskas.

2. Haal dit ’n uur voor die partytjie uit en pak dit in ’n ysbak sodat gaste hulself kan help.

3. Onthou ’n fles met strooitjies en sambreeltjies!

OF

1. Vul individuele flesse met roomys. Draai die deksels op en plaas dit in die vrieskas.

2. Wanneer dit tyd vir nagereg is, pak dit op ’n skinkbord saam met ’n houer met lepels en verskeie bolae en versierings.

OF

1. Sit alkoholiese ysstokkies in flesse (sodat dit nie mors nie) as ’n welkomhappie voor.

2. Voeg ’n skeut vodka by vrugtesap, vul ysstokkievorms daarmee en vries dit. Probeer die Zoku Trio Quik Pop Maker. R999, Yuppiechef.com

PHOTO: iStock/Xavier Arnau

LEES OOK:

Dít is hoe jy ’n fantastiese kinderpartytjie hou

Bessie-sangria-yslollies

5 wenke vir ’n uithaler-teepartytjie

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief