×
Skakel na Engels

Hondsdolheid: Drie dinge wat jy móét weet

Ondanks ’n nougesette inentingsveldtog wêreldwyd eis hondsdolheid steeds jaarliks meer as 50 000 lewens. Beskerm só jou gesin én jou troeteldier

 

1. Hoe dit oorgedra word

Hondsdolheid word deur besmette speeksel oorgedra wat die liggaam deur ’n stukkende plekkie op die vel binnedring. Die virus gaan dan na die brein, waar dit swelling veroorsaak en dikwels sterftes tot gevolg het. Die meeste honde kry hondsdolheid wanneer hulle deur ’n ander hond of deur ’n wilde dier gebyt word. Hondsdolheid kan ook na mense oorgedra word.

 

2. Waarvoor jy moet uitkyk

Gedragsverandering is die eerste teken dat jou dier dalk hondsdolheid onder lede het. Diere met hondsdolheid hou gewoonlik op eet en water drink en kan antisosiale gedrag openbaar. Nadat die siekte aanvanklik sy kloue ingeslaan het, kan die dier baie kwaai begin raak of tekens van verlamming toon. Sekere diere kan met die geringste uitlokking begin byt, terwyl ander slaperig kan raak en moeilik wakker word.

 

3. Voorkoming is altyd beter

‘Dis noodsaaklik om toe te sien dat jou troeteldier se inentings altyd op datum is,’ sê Chris Kuch van die nasionale raad van die Dierebeskermingsvereniging. Jou hond behoort so vroeg as op drie maande daarteen ingeënt te word, en elke drie jaar daarna. Moet ook nooit ’n rondloperhond nader wat klaarblyklik sonder ’n heenkome is nie. Roep eerder ’n professionele persoon se hulp in.

 

Lees ook:

Maak jou huis troeteldier-bestand

Kies die regte troeteldier vir jou gesin

Is jou troeteldier oorgewig?

 

Teks het oorspronklik in Goeie Huishouding, November 2012 verskyn.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Maak só jou handsak skoon

Het jy ’n paar minute? Ons wys jou hoe om jou handsak behoorlik skoon te maak sonder om die materiaal...

Close