×
Skakel na Engels

Hollywood-paartjies deel 3 wenke vir ’n rotsvaste verhouding

Dit lyk of dié bekende paartjies die geheim tot ’n suksesvolle verhouding gevind het. Dís hoe hulle dit regkry

Foto: Jim Smeal/BEI/REX

 

1. “JY MOET MET DIE ANDER EEN GETROUD WÍL WEES.”

Rita Wilson, wat al 23 jaar met Tom Hanks getroud is

Dit kom alles daarop neer dat julle van mekaar moet hou, het Rita onlangs verduidelik. “Ons wíl met mekaar getroud wees. Ek dink dis baie, baie belangrik [om getroud te wil wees]. Jy [moet] met die persoon met wie jy getroud is, getroud wíl wees. Ons is steeds gek na mekaar.”

 

2. “VERANDER DIE REËLS.”

Kyra Sedgwick, wat al 25 jaar met Kevin Bacon getroud is

Toe Kyra aan die gewilde TV-prgram The Closer gewerk het, was sy ses maande van die jaar van haar gesin af weg, maar sy en haar man het dit máák werk. “Een van die belangrikste goed is om mekaar ruimte te gee om te groei en om die reëls te verander. Dis moeilik, maar Kev het altyd gesê: ‘Wat ook al jy nodig het, my Skat,’ en ek bewonder hom daarvoor.”

 

3. “EK HOU VAN ’N BIETJIE GEHEIMSINNIGHEID IN ONS VERHOUDING.”

Sarah Jessica Parker, wat al 16 jaar met Matthew Broderick getroud is

Sarah Jessica Parker moedig haar man, Matthew Broderick, aan om geheime te hê. Sy het aan die tydskrif Parade vertel: “Ek hou van ’n bietjie geheimsinnigheid in ons verhouding. Ek hou daarvan om nie álles van my man te weet nie. Ek dink mense moet goed hê wat net hulle s’n is, goed waarvan ander mense niks weet nie. Ek dink dis goed om ’n bietjie privaatheid en geheime in ons lewe te hê.”

 

Kliek hier vir nog wenke van bekende paartjies

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
5 maniere om ’n liefdevolle verhouding te bou

Om ’n liefdevolle, sterk verhouding te bou is ’n kuns. Die skrywer en openbare spreker dr. Lynda Klau gee ’n...

Close