×
Skakel na Engels

Hoekom kollageen goed vir jou gewrigte is

Ondersteun jou aktiewe leefstyl met kollageenaanvullings
kollageen

Spier-skelet-stelselbeserings kom al hoe meer voor en raak 135 miljoen mense wêreldwyd. Waar dit voorheen oorwegend onder mense ouer as 40 voorgekom het, gebeur dit al hoe meer met jonger mense met ’n aktiewe leefstyl. As gevolg daarvan beveel baie dokters nou kollageenaanvullings vir pasiënte aan wat met swak gewrigte sukkel. Hier is die redes.

Volgens www.boundless.com is gewrigte – wat uit kraakbeen, ligamente en senings bestaan wat die bene en spiere bymekaarhou – die kern van spier-skelet-stelselprobleme. “Die interaksie tussen hierdie dele verskaf ’n balans in ons stabiliteit en beweeglikheid. Wanneer een van hierdie kragte verswak, versteur dit die balans en veroorsaak dit dat die liggaam se belyning verskuif of vir daardie gebrek kompenseer, wat dan beperkte beweging en pyn tot gevolg het. Volgens ’n onlangse studie in die VSA oor verskeie sportsoorte sal 50% van sportmanne en -vroue by wie beserings gediagnoseer word waarskynlik 10 tot 20 jaar later osteoartritis ontwikkel. 

Kollageen is ryk aan aminosure wat ’n belangrike rol in die bou van kraakbeen speel en dit kan ’n anti-inflammatoriese uitwerking hê. Kenners sê ’n kollageenaanvulling is belangrik vir die voorkoming van beserings, om osteoartritis later in jou lewe te keer, om ongemak in die gewrigte te verbeter, spierherstel te ondersteun en die herstelproses te versnel.

Mediese kenners beveel drie kapsules per dag aan, asook behoorlike hidrasie en veranderinge aan jou dieet en leefstyl omdat dit alles noodsaaklik is om jou gewrigte gesond te hou. 

Hier is produkte wat jy kan probeer:

Pro Collagen, R180 | Beskikbaar by onafhanklike apteke, Clicks– en Dis-Chem-takke landwyd. 

OsteoEze Gold High Dosage Joint & Cartilage Support, R237,95 | Beskikbaar by toonaangewende kleinhandelaars, apteke, Dis-Chem en Clicks.  

Solal Collagen Complex Plus, R214 | Beskikbaar by Clicks.

JointEze Capsules for Stiff, Painful Joints, R199 | Beskikbaar by onafhanklike apteke, takealot.com en Clicks. 

Foto: iStock/Wavebreakmedia

LEES OOK:

Die beste verrassende kos vir sterker bene

Kollageenaanvullings: Kan jou vel daarby baat vind?

7 maniere om jou postuur te verbeter

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Die waarheid oor pille vir ’n mooi vel

Die moets, die miskiens en die "so-so's"

Close