×
Skakel na Engels

Hoekom jy nooit jou Kerskalkoen moet was nie

Dit kan meer kwaad as goed doen
kerskalkoen

Daar is ’n miljoen goedjies om jou vanjaar oor te bekommer wanneer jy jou Kersmaal maak, maar hier is een wat jy nie wil opmors nie: Om ’n rou kalkoen af te spoel kan meer bakterieë versprei as waarvan dit ontslae raak.

Dit klink teenintuïtief, want jy wil dalk die pluimvee afspoel voordat jy dit gaarmaak, maar om ’n rou kalkoen te was kan patogene, soos salmonella, op ander kombuisoppervlakke laat spat, volgens die NHS. En dit kan tot ernstige kosverwante siektes lei.

Die Amerikaanse Good Housekeeping Institute se toetskombuis stem saam en sê hierdie reël behoort alle rou pluimvee te geld, nie net kalkoen nie. “Ons beveel aan dat jy rou pluimvee eerder met handdoekpapier droogdruk,” sê Catherine Lo, medekosredakteur by die instituut.

Die beste manier om bakterieë op jou pluimvee te keer is om dit in die oond te druk. Dit is omdat die enigste manier om die bakterieë op rou kos dood te maak, is om dit gaar te maak. “Maak ook seker jy was die snyplanke, werkoppervlakke en jou hande om enige ander kruisbesmetting te vermy,” voeg Lo by.

Onthou dus om alles te was, net nie die kalkoen nie.

via: Good Housekeeping UK

LEES OOK:

Gee ou Kersballe nuwe lewe

Maak self Kersornamente

5 wenke om te keer dat jy jouself hierdie Kersfees ooreet

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Dís waarom die aanloop tot Kersfees spanningsvol vir ouers is

Die Britse ouerskap-blogger Kirsty Smith onthul hoekom Kersfees nie net pret en plesier met die kleintjies in die rondte is...

Close