×
Skakel na Engels

Hoekom is gesigreinigers so belangrik?

Dit verdien ’n plek in jou velsorgroetine!

Gedink reinigers is ’n skoonheidsfoefie wat deur velsorghandelsname ontwerp word om meer van hul produkte te verkoop? Dink weer! Hierdie waterige vloeistof speel egter ’n belangrike rol in ons velsorgroetine en, indien dit iets is wat jy nog nie gebruik nie, is dit beslis iets wat jy moet oorweeg om aan te skaf.

Wat is ’n reiniger?

’n Reiniger is die laaste stap in die gesigreinigingsproses en jy behoort dit voor jou vogroom aan te wend. Hoekom? Selfs die beste gesigwasmiddels kan nie van ál die vuiligheid ontslae raak wat op jou vel aanpak nie, en ’n reiniger vee dus alles af wat oorbly nadat jy jou gesig gewas het.

Die ander belangrike doel daarvan is dat dit die vel hidreer en die vel se pH-vlakke balanseer. Jy kan dit of met ’n wattetjie aanwend as jy ’n normale vel het, of aan jou vel klad as jy ’n droër vel het en ekstra bevogtiging nodig het. Hoe jy dit ook al wil gebruik, dis beslis iets wat jy behoort te gebruik!

1. Eucerin DermatoCLEAN Clarifying Toner

Dié reiniger van die betroubare handelsnaam Eucerin is vir alle veltipes geskik en reinig die vel diep sonder om dit droog of styf te laat voel. 

Lees: Slim kunsies om grimering te verwyder

2. African Extracts Rooibos Purifying Toner

As jy af en toe skielik puisies kry, is hierdie reiniger ideaal vir jou. Dit teiken onsuiwerhede en vernou porieë om jou vel mooi skoon en stralend te laat lyk.

3. The Body Shop Vitamin E Hydrating Toner

Vitamien E is baie goed vir jou vel. Dit kan help om die voorkoms van letsels te verminder en die vroeë tekens van veroudering te vertraag, terwyl dit ook jou vel bevog hou. 

Lees: 6 natuurlike maniere om van ’n olierige vel ontslae te raak

4. Nivea Daily Essentials Refreshing Toner

Hierdie produk is deel van Nivea se Daily Essentials-reeks, ’n staatmaker in baie se velsorgroetine, en is perfek om ’n normale en kombinasie-vel heerlik vars te laat voel. 

5. Avène Gentle Toner

Avène Gentle Toner is van warmbronwater gemaak en doen beslis sy naam gestand – dis lieflik lig en ideaal vir mense wat ’n droë of sensitiewe vel het.

FOTO: iStock/gradyreese

LEES OOK:

Hoe om goed te lyk sonder grimering

Wonderwater

Hoe om gesigolies en -serums reg aan te wend

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Hoe om vinnig van puisies ontslae te raak

Laat staan die tandepasta, meisies! Deur Sam Escobar en Marci Robin

Close