×
Skakel na Engels

Hoekom genoeg slaap tot jou voordeel is

As jy genoeg slaap inkry sal jy nie net meer kreatief en produktief wees nie, maar ook makliker gewig kan afskud

Slaap bevorder gewigsverlies

Oorweeg dit om vroeg te gaan slaap as jy gewig wil verloor. In ’n studie wat deur die University of Chicago in die VSA gedoen is, het oorgewig volwassenes wat ’n gebalanseerde dieet met ’n beperkte kilojoule-inname gevolg het, ná twee weke 55% meer gewig in vet (sowat 1 kg) verloor nadat hulle elke nag vir 8,5 ure geslaap het in plaas van net 5,5 ure. Navorsers sê wanneer ’n mens min slaap, produseer jou liggaam meer ghrelien, een van die hormone wat eetlus aanmoedig. Slaap dus so lank as wat dit vir jou nodig is om soggens uitgerus wakker te word – en sommer die hongerpyne op hok te hou.

 

Slaap verhoog produktiwiteit

Knip ’n uiltjie tussen 13:00 en 15:00 vir 20 minute. Studies deur onder andere dr. Sara Mednick, medeskrywer van Take A Nap! Change Your Life (Workman Publishing Company) en navorser aan die University of California in Riverside in die VSA, het getoon dat ’n vinnige slapie wat kortgeknip word voordat jy in ’n diep slaap wegdommel, baie verfrissend is en ook jou produktiwiteit daarná verhoog.

 

Slaap verbeter kreatiwiteit

Ons herinneringe word nie net tydens slaaptyd deur die brein vasgelê sodat ons dit later kan onthou nie − jou brein herorganiseer dit ook om ons te help om nuwe en kreatiewe idees te skep, het nuwe navorsing bevind.

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Jennifer Hudson se oefen- en fiksheidswenke

As dié besige sanger, aktrise en ma tyd vir oefening kan inruim, kan jy óók! Lees hier hoe maklik dit...

Close