×
Skakel na Engels

Hoekom gelukkige mense langer lewe

Volgens kenners is negatiewe emosies sleg vir jou gesondheid, en veral vir jou hart

Wat ons weet

Mense wat ‘n positiewe uitkyk het terwyl hulle jonk is (gemeet aan ‘n persoonlikheidstoets wat hulle as studente ondergaan het), lewe op die ou end langer, volgens twee onlangse ondersoeke wat deelnemers onderskeidelik 30 en 40 jaar lank gevolg het. Selfs op 50-jarige leeftyd word ‘n positiewe houding jeens ouer word met sewe ekstra lewensjare verbind, het navorsers by Yale University vasgestel.

 

Wat is die skakel tussen die twee? “Negatiewe emosies soos vyandigheid en verbittering is sleg vir gesondheid in die algemeen, en spesifiek vir die hart,” sê Stephen Post, Ph.D., die direkteur van die Center for Medical Humanities, Compassionate Care, and Bioethics by Stony Brook University in New York. Die goeie nuus is dat vroue met ‘n sonnige lewensuitkyk selfs beter hartgesondheid geniet – oor ‘n opvolgtydperk van 10 tot 13 jaar het hulle baie minder vernouing van die are getoon as hul suurder eweknieë, het ‘n ondersoek van die University of Pittsburgh aan die lig gebring.

 

Wat jy kan doen

Raak ‘n ekstrovert – sluit aan by ‘n gemeenskapsgroep, probeer ‘n nuwe aktiwiteit, raak aan die gesels met vreemdelinge. Om te maak of jy gesellig is, kan jou spontaan laat voel, wat op sy beurt met ‘n positiewer gemoedstemming skakel, het navorsers by Wake Forest University bevind.

 

Lees meer

Jennifer Hudson se gesonde gewoontes

Skenk jou hartklop vir Flora se veldtog teen hartsiektes. In ruil vir jou hartklop sal Flora kardiologiese fasiliteite in Suid-Afrika verbeter. Kliek op die kloppende hart om vandag nog jou hartklop te skenk!  

 

 

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Wees saam gesonder

Stel jou maat as jou gesondheids- en fiksheidsvennoot aan - dis soveel makliker om ’n gesonde lewenstyl te volg as...

Close