×
Skakel na Engels

Dís hoekom almal oor vanaand se super-blou-bloedmaan praat

Vandag mag jy maar met die maan gepla wees!
super-blou-bloedmaan

Vanaand (31 Januarie 2018) gaan daar vir die eerste keer in 36 jaar ’n super-blou-bloedmaan wees. Hoewel Suid-Afrikaners tegnies nie die “bloed”-deel gaan sien nie (omdat daar geen maansverduistering by ons plaasvind nie), gaan die maan steeds skouspelagtig wees. En as jy ’n regte ruimtegeesdriftige is kan jy altyd Nasa se regstreekse uitsending hiér dophou.

Pin hierdie artikel vir later! Volg Goeie Huishouding op Pinterest vir nog.

Maar waaroor gaan die bohaai? Hier is alles wat jy omtrent dié merkwaardige verskynsel moet weet waaroor almal gons.

Wat is ’n super-blou-bloedmaan?

Dit beteken basies dat daar drie maanverskynsels op een slag plaasvind: ’n supermaan, ’n blou maan en ’n bloedmaan.

Wat is ’n supermaan dus?

Volgens space.com “vind ’n supermaan plaas wanneer die maan se perigeum – die punt op die wentelbaan waar die maan die naaste aan die aarde is – saam met ’n volmaan val.” Dit beteken die maan sal groter en helderder vertoon.

En ’n blou maan?

Dit beteken daar is twee volmane in een kalendermaand. Ons het ons eerste volmaan vir 2018 op die 2de Januarie gehad, en ons tweede een sal vanaand plaasvind.  Blou mane is baie skaars – dit kom elke 2,7 jaar voor – en vandaar die Engelse gesegde: “Once in a blue moon”.

En ’n bloedmaan?

’n Bloedmaan vind plaas wanneer daar ’n maansverduistering is en die aarde se skaduwee oor die maan val, wat die maan ’n rooierige skynsel gee. Die rooiheid is as gevolg van die verskynsel wat as die verstrooiing van Rayleigh bekendstaan. Dis dieselfde verskynsel wat sonsondergange so kleurryk maak. Ongelukkig is dit die gedeelte van vanaand se maanskouspel wat Suid-Afrikaners nie te siene gaan kry nie, omdat die maansverduistering nie vir ons sigbaar sal wees nie.

Waar en wanneer moet ’n mens vanaand na die maan kyk?

Vanaf ongeveer 19:30 tot 20:00 wanneer die son oor Suid-Afrika sal begin sak, sal die lug verdonker en die volmaan in sy volle glorie sigbaar wees. Onthou dat stadsliggies jou uitsig kan belemmer; kies dus koers na die platteland as jy kan of gaan na ’n gebied waar daar nie straatligte is nie. 

Kyk hierdie video om meer oor vanaand se unieke maanverskynsel uit te vind:

FOTO: iStock/ozgurdonmaz

LEES OOK:

Die interessantste kenmerk van jou sterreteken

Gids tot bestuursveiligheid gedurende sonop en sononder

10 nuwejaarsvoornemens wat jou veiliger op die pad sal hou

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Die bes gekledes by vanjaar se Grammy-toekenningsgeleentheid

Dié sterre het die koppe op die rooi tapyt laat draai! Deur Rachel Epstein

Close