×
Skakel na Engels

Hoe skoon is jou handsak?

Het jy al ooit gedink aan die impak wat jou handsak op jou gesondheid kan hê? Volgens navorsing kan dié noodsaaklike modebykomstigheid jou dalk siek maak

 

Het jy geweet?

Jou handsak is die tuiste van meer kieme as wat daar op die gemiddelde toilethandvatsel is! Aangesien ons handsakke oral saam met ons reis en hulle dikwels op die vloer neergeplons word, kan hulle maklik in die loop van die dag miljoene kieme ‘optel’. Leerhandsakke bied die perfekte toestande vir bakterieë om in te groei en te versprei, sê die Britse toiletspesialis Initial.

 

 

Hou dit skoon:

Hou ’n leersak skoon deur een keer per week ’n leeropknapper aan te wend.

Hou antibakteriële klam doekies in jou handsak en vee die onderkant van jou handsak minstens een keer per dag daarmee af.

 

Verminder die risiko:

Pleks daarvan om jou handsak op die vloer neer te sit, hang dit aan ’n kapstok of deurhandvatsel wanneer jy kan, veral in openbare toilette, aanpashokkies en restaurante.

 

 

Jou handsak is dalk nie die enigste sak in jou daaglikse lewe wat skadelike bakterieë huisves nie. Onthou om ook jou gim- en grimeersakke gereeld skoon te maak.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Ses maniere om die kosdrange vas te vat

Die geheim van suksesvolle gewigsverlies is om daardie lus vir soetgoed en peuselhappies te beheer

Close