×
Skakel na Engels

Hoe om te keer dat jou stortgordyn aan jou kleef

Daar’s twee maniere om hierdie lastige probleem op te los
stortgordyn

Jy spring in die stort, draai die kraan oop en SWOESJ! Jou stortgordyn waai teen jou vas en in die terugdeins beland jy teen ’n koue teëlmuur. As dit al met jou gebeur het, is jy nie alleen nie. ’n Vinnige aanlyn soektog na “shower-curtain effect” sal toon dat menige fisikus al deur hierdie verpestelike verskynsel verbyster is. Dit het basies iets met die beweging van warm lug te doen … Maar kom ons raak nie te tegnies nie. Ons is hier vir ’n oplossing, nie ’n wetenskaples nie.

Die oplossing is eenvoudig

Daar is twee moontlike maniere om hierdie kwessie te hanteer. Die eerste is om jou gordynstok met ’n geboë pyp te vervang. Raadpleeg jou plaaslike nutsman of hardewarewinkel oor voorraadhouers of produkte. Maar nie alle stort- en badkamer-uitlegte is geskik vir hierdie opsie nie en dit kan ’n duur storie raak. 

Pin hierdie artikel vir later! Volg Goeie Huishouding op Pinterest vir nog!

Die tweede manier behels dat jy ’n verstelling aan die gordyn self aanbring – en dís die opsie wat ons opgewonde maak! – deur bloot ’n paar tafeldoekgewiggies aan die soom te hang. Dit is nie net makliker en meer bekostigbaar as om ’n nuwe gordynreling te installeer nie; dit is ook ’n prettige manier om ’n bietjie flair aan jou badkamerdekor te verleen. As jy nie gewiggies kry wat in jou smaak val nie, kan jy maklik jou eie maak deur spoelklippies, krale of ornamente aan knyppennetjies vas te heg. 

Ons hou baie van hierdie hartvormige spoelklippie-gewigte van MRP Home (R69,99 vir ’n stel van vier).

Foto: iStock/George Marks

LEES OOK:

8 goed wat ons moet ophou om in die stort te doen

Stap vir stap: Hoe om ’n kapstok vir handdoeke vir jou badkamer te maak

Ná die stort – moets en moenies

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Stap vir stap: Hoe om ’n kapstok vir handdoeke vir jou badkamer te maak

Kikker jou badkamer op met hierdie fantastiese selfdoenprojek

Close