×
Skakel na Engels

Hoe om permanent van aknee op jou rug en boude ontslae te raak

Wees hierdie somer meer selfversekerd as skaam
aknee

Die somer is hier, en om die ergste hitte af te weer gaan jy waarskynlik meer lyf wys. Maar skouerlose toppies en bikini’s kan jou selfbewus maak as jou lyf deur ’n puisie-uitslag ontsier word.

Pin hierdie artikel vir later! Volg Goeie Huishouding op Pinterest vir nog.

Asof die verskyning van ’n puisie op jou voorkop nie erg genoeg is nie, is aknee op jou rug en boude die natuur se manier om jou daaraan herinner dat dinge altyd slegter kan wees. Behalwe dat dit jou selfbewus laat voel, kan dit ook pynlik wees. Só kan jy hierdie probleem onder beheer hou sodat jy met selfvertroue kan lyf wys.

1. Trek skoon aan

As jy pas by die gim was of die afgelope dag besonder baie gesweet het, moet jy seker maak dat jy so gou moontlik skoon aantrek. Sweet en styfpassende klere is een van die hoofoorsake van aknee op jou rug en boude, maar deur hierdie areas ten alle tye so skoon moontlik te hou, kan jy puisies en aknee daarlangs tot ’n minimum beperk.

Lees ook: Hoe om vinnig van puisies ontslae te raak

2. Dra die regte onderklere

Nog ’n oorsaak van puisies dáár is verkeerde kledingstowwe. Wanneer jy onderklere gaan koop, kies broekies wat van deurlugbare materiaal soos katoen gemaak is, en bly weg van sintetiese stowwe. Dit help nie net vir aknee nie, maar is ook goed vir die algehele gesondheid van jou vagina.

3. Skrop

Anders as jou gesig wat deur ’n gewone lyfskrop verrineweer en geïrriteer kan word, is die vel op ons sitvlak en rug baie taaier. Die porieë is ook groter en raak makliker verstop, wat tot onsuiwerhede en inflammasie lei. Skrop hierdie areas ’n paar keer ’n week liggies om die area skoon en glad te hou.

Lees ook: Jou gids tot afskilfering

4. Kies jou produkte

Die mees effektiewe manier om aknee (waar ook al op jou lyf) te laat les opsê, is deur die regte produkte te gebruik. Dit beteken dis tyd om na ’n paar etikette te kyk. Bestanddele wat puisies en aknee effektief opklaar, is bensoïelperoksied en salisielsuur, wat help om sebumproduksie te beheer en bestaande puisies uitdroog.

As jy iets meer natuurlik wil hê, stel ons voor dat jy produkte met teeboomolie kies; dit het antibakteriële en aknee-werende eienskappe.

Ons beveel ook aan dat jy jou vel ná die tyd met ’n room behandel wat soortgelyke bestanddele bevat. 

acne, bacne, zits, pimples, breakout, skin, skincare, beauty

Dermalex Repair Acne Cream, R333,95

FOTO: iStock/SIphotography

LEES OOK:

Die beste skoonheidsolies vir jou hare en vel

Wat jou puisies vir jou probeer sê

Wanneer om ’n dermatoloog te besoek

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Manjifieke maskers

Dis nou die tyd om maskers ’n deel van jou skoonheidsroetine te maak. Dis om verskeie redes heilsaam, want dit...

Close