×
Skakel na Engels

Hoe om nee te sê vir sjokolade

Sukkel jy om by jou voornemens om gesond te eet, te hou? Ons help jou om jou brein te ‘leer’ om soetgoed te weerstaan

 

Om die kilogramme af te skud, laat jou brein die harde werk doen.

 

Vrywilligers wat aan ‘n Hollandse ondersoek deelgeneem het, moes na foto’s van sjokolade op ‘n rekenaarskerm kyk. Dié van hulle wat toestemming gekry het om op die foto’s te kliek om hulle vinniger te laat verskyn, het later meer van die ware Jakob verorber (30 gram meer) as dié wat gevra is om stil te sit (sonder om te kliek) terwyl die sjokoladeprente op die skerm verskyn (17 gram, wat beteken hulle het omtrent 60 kalorieë gespaar).

 

Die uitkoms?

As jy nie onmiddellik toegee aan die verleiding nie, versterk jy jou vermoë om in die toekoms nee te sê vir sogenaamde ‘verkeerde kosse’.

 

Toets dit:

Plaas ‘n sjokoladestafie voor jou op jou lessenaar en kyk daarna, maar moenie daaraan raak nie. Dit sal jou help om jou brein te leer om in die toekoms nee te kan sê vir soetgoed.

 

Ons sal graag wil weet of jy dit self probeer het. Lewer gerus hieronder kommentaar.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Love to Bake-werksessie, Kaapstad

By ons onlangse werksessie het Tina Bester, die Queen of Tarts, vir ons lesers gewys hoe om flatervrye soetgoed te...

Close