×
Skakel na Engels

Hoe om ’n wynrak van herwonne hout te maak

Nou het jy die volmaakte verskoning om ’n paar goeie wyne aan te skaf!
wynrak

Jy het nie ’n duur wynrak vir jou wyn nodig nie. Skep met hierdie fantastiese selfdoenprojek ’n bekostigbare ruimte om jou gunstelingwyne te bêre. Volg dié vinnige en maklike stap-vir-stap-video om jou eie wynrak te maak.

Hoe om ’n wynrak te maak:

Wat jy nodig het

1. ’n Herwonne houtplank

2. Skuurpapier

3. ’n Verfkwas

4.Woodoc Water-Borne™ FLOOR-verseëlaar in Clear en White

5. Woodoc Colours

6. Skroewe

7. ’n Skroewedraaier

8. Metaalhake

9. Spuitverf

9 maklike stappe om ’n wynrak te maak:

  1. Kry ’n lang stuk herwonne hout. Wanneer jy jou hout kies, probeer om ’n gladde stuk met so min as moontlik splinters en houtkwaste te kry.
  2. Skuur die plank af tot glad en verwyder alle splinters. Verwyder enige stof deur die oppervlak deeglik met ’n sagte, droë lap af te vee.
  3. Meng Woodoc Colours in Clifton Grey met Woodoc Water-Borne™ FLOOR Clear en White.
  4. Wend jou eerste laag verseëlaar aan en laat dit heeltemal droog word. Ons beveel aan dat jy die oppervlak in hierdie stadium liggies afskuur. Vee dit af met ’n sagte, droë lap. 
  5. Spuit die metaalhake met ’n koperkleurige spuitverf en laat dit heeltemal droog word.
  6. Roer die verseëlaar goed en wend ’n tweede laag aan. Laat dit heeltemal droog word.
  7. Roer weer en wend ’n derde laag van die verseëlaar aan. Laat dit heeltemal droog word. Spoel jou kwas onmiddellik ná gebruik met water af.
  8. Heg die hake met die skroewe en skroewedraaier aan die plank vas. Heg die rak aan ’n muur vas.
  9. Bêre nou jou gunsteling-wyne daarin!

Woodoc Water-Borne FLOOR is ’n geharde en duursame moderne verseëlaar wat maklik aanwend en vir alle binnenshuise houtvloere en -trappe gebruik kan word. Die produk is water-, alkohol- en vlekbestand en is in Clear/White en Matt/Gloss beskikbaar.

Woodoc Colours is geformuleer om by die Woodoc-verseëlaar van jou keuse gevoeg te word om ’n maklike, beheerste aanwending te verseker. Woodoc Colours is in 12 modeskakering en agt houtskakerings beskikbaar en kan op dennehoutmeubels, houtvloere, houtspeelgoed, houtpatiomeubels, garagedeure en hekke gebruik word.

Besoek www.woodoc.com. vir nog inligting oor Woodoc se houtsorg- en instandhoudingsprodukte.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Stap vir stap: Maak só ’n speseryrak vir jou kombuis

Dis tyd om jou kombuis op te kikker!

Close