×
Skakel na Engels

Hoe om ’n koorsblaar te verbloem

Verbloem hierdie ontsiering sodat jy die wêreld in die oë kan kyk
koorsblaar

Koorsblare is ‘n netelige en ontsierlike probleem waarmee baie mense sit. Alhoewel hulle dikwels ontwikkel wanneer mense verkoue of griep het, kan hulle ook deur stres of ongesonde leefstylkeuses veroorsaak word. Ongelukkig is hulle ‘n seer vir die oog en dit kan rukkie (en heelwat salf) neem voordat hulle opklaar.

Maar moenie bekommerd wees nie. Lees hier hoe jy grimering kan gebruik om hierdie seertjies te verbloem totdat hulle verdwyn:

Ons moet egter byvoeg dat jy grimering liefs nie op ‘n nat seer moet aanwend, of wanneer daar nog ‘n blasie is nie, want dit gaan nie net voorkom dat dit genees nie, maar ook meer aandag op die area vestig. Wanneer dit egter besig is om op te klaar, kan grimering gebruik word om die seertjie en enige rooiheid weg te steek.

As die area baie rooi is, gebruik ‘n groen verbloemer om dit uit te kanselleer. Maak seker dat jy dit met ‘n ligte, kladbeweging aanwend en dat jy ‘n weggooibare grimeersponsie gebruik om te keer dat dit versprei! Wend ‘n bietjie poeier bo-oor die verbloemer aan om dit in plek te hou.

Lees: 7 waarskuwingstekens wat jou lippe jou gee

‘n Onderlaag met ‘n romerige tekstuur is beter as ‘n vloeibare onderlaag wanneer jy ‘n koorsblaar wil wegsteek. ‘n Romerige onderlaag is meer gekonsentreerd en gepigmenteerd en sal makliker en vir langer aanbly. Jy behoort dit aan te wend deur dit op jou gesig aan te stip en in te skakeer sonder om die verbloemer te versteur. Gebruik ‘n weggooibare grimeersponsie of ‘n skoon vinger om die area en die res van jou gesig higieniës te hou.

Dit is belangrik om nooit ‘n sponsie of kwas wat op ‘n koorsblaar was, weer in jou verbloemer of onderlaag te steek nie, want dit kan die slegte bakterieë laat versprei. Solank jy ‘n koorsblaar met sorg behandel en verbloemprodukte wyslik gebruik, is daar geen rede waarom ‘n koorsblaar moet keer dat jy die wêreld reguit in die oë kyk nie.

FOTO: iStock/simarik

LEES OOK:

Klop verkoue en griep

Vier vinnige oplossings vir stres

Kleurverbloemers: Watter kleure vir watter probleem?

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
5 redes hoekom jou seun ’n MPV-inenting moet kry

Moenie huiwer om hom te laat inent nie!

Close